AWEREGSE ROMANTIEK

Huisgenoot Trou - - Inhoud -

Me­lis­sa en Grant vier dit an­ders

EG­PAAR: Me­lis­sa K­ret­schmer & Grant Ne­w­man TROUPLEK: Be­lair, Paarl BE­GRO­TING: Nie be­skik­baar nie GAS­TE: 96 SYH ET pre­sies ge­weet hoe haar trouplek moes lyk – daar moes ’n dool­hof, ruie klim­op, rank­ro­se, ge­snoei­de hei­nings en ’n treur­wilg wees. En ver­ba­send ge­noeg het Me­lis­sa (36), ’n ver­brui­ker­sin­sig­be­stuur­der en o­n­af­hank­li­ke modeontwerper, dit al­les by Be­lair in die Paarl ge­vind.

Die in­tie­me se­re­mo­nie is ge­hou in Be­lair se ka­pel waar­oor klim­op tui­mel, en die ont­haal was in die a­sem­ro­wen­de glas-ont­haal­saal.

Me­lis­sa ver­tel sy en Grant (38), ’n ver­koops­be­stuur­der, is “speel­se, uit­druk­kings­vol­le men­se wat hou van dra­ma en mooi aan­trek”.

Die kleur­ske­ma was ’n on­ge­wo­ne kom­bi­na­sie van swart en wit stre­pe, antieksjiek pas­tel­ska­ke­rings en goud. Die gas­te is ge­vra om by die te­ma – ’n meng­sel van fan­ta­sie, speels­heid en ’n ro­man­tie­se sprokie – in te ska­kel deur iets a­we­regs by hul uit­rus­tings te voeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.