ANTIEKSJIEK DROOM

Huisgenoot Trou - - Michelle -

EG­PAAR: Rolanda Ma­rais & Jo­zua Mal­her­be TROUPLEK: Old Mac Dad­dy, El­gin-val­lei BE­GRO­TING: On­der R200 000 GAS­TE: 100 SO­WAT vyf jaar na­dat hul­le op die stel van die fliek Wol­we­dans in die Ske­mer ont­moet het, het die re­gis­seur Jo­zua Mal­her­be (34) en ak­tri­se Rolanda Ma­rais (38) in die hart­jie van die so­mer af­ge­haak.

“Ons vul me­kaar goed aan,” ver­tel Rolanda. “Ons gun me­kaar die ruim­te om ons­self te wees en ge­niet me­kaar se aar­dig­he­de. Elk­een doen sy ding en doen dit vol­uit en die an­der on­der­steun hom of haar.”

Die paar­tjie wou ’n ge­mak­li­ke troue saam met hul ge­lief­des vier en het Old Mac Dad­dy na­by Gra­bouw as trouplek ge­kies. Dié luuk­se plaas in die El­gin-val­lei bied bui­ten ’n ont­haal­saal ook woon­wa­ens wat in in­te­res­san­te bly­plek­ke om­skep is – i­de­aal vir na­week­trou­es.

“Om­dat ons al­bei in die ver­maak­be­dryf werk, wou ons nie ’n s­how hê nie. Baie trou­es ont­aard so gou in ’n s­how. Ons wou hê dit moet voel as­of al ons vrien­de vir ons kom kui­er het en ons lek­ker eet en par­ty­tjie hou,” sê Rolanda. “Dit was ’n fees!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.