DIE ONT­HAAL

Huisgenoot Trou - - Anja & Josua -

An­ja en Jo­sua het hul­le ná die fo­to­ne­me­ry by hul gas­te aan­ge­sluit. “Dié oom­blik was vir ons die be­gin van die vie­rin­ge; ons eer­ste ver­sky­ning saam as man en vrou. Ons was ook dors en ys­koud ná die fo­to­ses­sie en het daar­na uit­ge­sien om ons gas­te te sien, dran­kies te drink en lek­ker snoe­sig langs die knet­te­ren­de vuur­tjie te kui­er.” Die eg­paar het vir die fo­to­ses­sie on­der meer ’n rit on­der­neem in die mo­tor wat An­ja na die se­re­mo­nie ge­bring het: ’n wit Volks­wa­gen Kar­mann­G­hia. “Ons het ge­hou daar­van dat dit ’n klas­sie­ke mo­tor was, maar nie pre­ten­si­eus nie. Dit het by die at­mos­feer ge­pas,” ver­tel die bruid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.