HEINZ EN ALETTÉ: NET 30 MI­NU­TE PER DAG!

Hoe bly die san­ger Heinz Winckler en sy vrou, Aletté, so fiks en viets – drie kin­ders en ’n be­dry­wi­ge le­we ten spyt?

Huisgenoot Wendiëte - - Inhoud - DEUR KIRSTIN BUICK

’n Be­dry­wi­ge le­we, drie kin­ders, swan­ger­skap­vet­jies – niks is vir die Wincklers ’n ver­sko­ning om nie op hul bes­te te lyk nie.

HEINZ en Aletté Winckler het ’n oor­een­koms – hul­le wil al­tyd op hul ge­sond­ste wees en hul bes­te voel. Nie net vir hul­le­self nie, maar ook vir me­kaar. Daar­om het hul­le vroe­ër van­jaar met ’n nu­we oe­fen­pro­gram weg­ge­spring. Hul­le het vyf og­gen­de per week ’n af­spraak met hul per­soon­li­ke af­rig­ter, Ma­rij­ke Cil­liers, wat hul­le in kort hoë-in­ten­si­teit-ses­sies van so­wat 30 mi­nu­te laat oe­fen.

Die pret­lus­ti­ge eg­paar van So­mer­se­tWes ge­niet hul ge­sa­ment­li­ke oe­fen­ses­sies ga­te uit. Hul­le terg me­kaar ewe veel as wat hul­le me­kaar aan­moe­dig.

Heinz (37), wat dank­sy sy e­ner­gie­ke ver­hoog­op­tre­des reeds taam­lik fiks is, sien klaar ’n ver­skil aan sy e­ner­gie en krag.

“Ek het nog nooit so hard en ge­reeld soos die af­ge­lo­pe paar maan­de ge­oe­fen nie. En ek is dol daar­oor! Ek wil dit nie ver­loor nie.”

Aletté (35) het eers sta­dig ge­vor­der. Sy be­stuur haar eie sti­lis­te-on­der­ne­ming en ver­sorg ook hul drie jong seuns – Li­an (5), Si­me­on (3) en Reu­ben (18 maan­de). En met dié dat sy boon­op saam met Heinz toe­sig hou oor die bou van die ge­sin se droom­huis in So­mer­set-Wes, is dit nie al­tyd mak­lik om tyd uit te krap vir oe­fen en ge­sond leef nie!

Sy bly eg­ter ge­dis­si­pli­neerd en met ons kui­er daar het sy al 20 kg ná Reu­ben se ge­boor­te af­ge­skud. “Ek moet nog so­wat 4 kg ver­loor, dan is ek waar ek wil wees,” sê sy. “Ek het ook al baie sen­ti­me­ters ver­loor en daar­by is ek baie fik­ser en ster­ker.”

Aletté was nog al­tyd be­wus van haar ge­wig, maar nou­dat sy so dik­wels in die o­pen­ba­re oog is, skyn die kol­lig op haar voor­koms nog sker­per.

“Jy word be­oor­deel. Ek ont­hou net ná Si­me­on se ge­boor­te, toe ek nog soos ’n bal­lon ge­lyk het, het ons ’n fa­mi­lie­by­een­koms by ’n re­stau­rant ge­had. Toe ek saam met Heinz in­stap, het my sus­ter ’n vrou hoor sê: ‘O, dis Heinz! Is dit sy vrou? Sy lyk só!’ ter­wyl sy met uit­ge­strek­te arms be­duie hoe groot ek is.

“Ek het ge­voel ek wil sê: ‘Oukei, ek het on­langs ’n ba­ba ge­had, baie dan­kie!’ Maar weet jy wat? Jy leer om te glim­lag.”

Deur haar op ge­sond eet toe te spits, kon Aletté die ge­wig af­skud wat sy met haar eer­ste twee swan­ger­skap­pe aan­ge­sit het – 30 kg met Li­an en 20 kg met Si­me­on. Teen die tyd dat al­bei seuns 13 maan­de oud was, was sy el­ke keer by haar doel­ge­wig. “En teen maand 14 was ek weer swan­ger!” sê sy lag­gend.

Die op­ge­wek­te sti­lis het selfs ’n boek, Mô­re is Maan­dag, oor haar er­va­ring ge­skryf. “Dit gaan oor ’n ge­wo­ne vrou se stryd teen ge­wig ná swan­ger­skap,” ver­tel sy. “En so­veel men­se kan daar­by aan­klank vind.”

In so ’n ma­te dat die ge­meen­skap van vroue wat uit Aletté se boek in­spi­ra­sie ge­put het, haar aan­ge­moe­dig het om ’n Fa­ce­book-groep te stig waar vroue hul er­va­rings kan deel.

“Dit het net sin ge­maak,” sê sy. “Ons wou

‘ ’n Vrou het ge­sê: “O, dis Heinz! Is dit sy vrou? Sy lyk só!” ter­wyl sy met uit­ge­strek­te arms be­duie hoe groot ek is’

(Blaai om)

al­mal ge­wig ver­loor ; hoe­kom dit nie saam doen nie?” Sy het die groep Drop It Coz You’re HOT! ge­stig en dit het nou meer as 3 000 le­de oral in Suid­A­fri­ka. Hul­le volg ver­skil­len­de di­ë­te en ver­slan­kings­pro­gram­me, maar ge­bruik die groep om ver­ant­woor­de­lik te bly, hul vor­de­ring te deel en me­kaar te mo­ti­veer.

Selfs nou nog wend Aletté haar tot die groep vir in­spi­ra­sie en mo­ti­ve­ring. Met Reu­ben am­per twee jaar oud en geen plan­ne vir nog ’n ba­ba nie, er­ken sy dit duur dié keer lan­ger om haar tei­ken­ge­wig te be­reik.

“Ek sal nooit daar­mee te­vre­de wees om nie op my bes­te te lyk nie. Ek sal daar uit­kom, al kos dit my lan­ger om­dat dit my der­de kind was en ek be­dry­wi­ger is.”

Aletté meen die be­lang­ri­ke ding is om jou ge­sond­heid ’n pri­o­ri­teit te maak. Een ma­nier is om el­ke dag ’n vas­ge­stel­de tyd aan oe­fe­ning te wy, al is dit net ’n half­uur.

“As ons nie ’n vas­te af­spraak met ons af­rig­ter ge­had het nie, sou ons waar­skyn­lik nie so dik­wels ge­oe­fen het nie, want daar is so­veel an­der din­ge wat jy in die dag moet doen.

“Maar dis ’n goeie mo­ti­ve­ring om aan te hou wan­neer jy be­gin en te be­sef hoe­veel be­ter jy voel wan­neer jy oe­fen.

“Wan­neer ek ge­wig ver­loor, voel ek be­ter. Ek het meer e­ner­gie om met my kin­ders te speel. Dis net die moei­te werd. Jou le­wens­ge­hal­te is een­vou­dig so­veel be­ter.”

Dit is vir Aletté be­lang­rik om goed te voel oor hoe sy lyk. “Ek wil die mooi­ste vrou in Heinz se le­we wees,” sê sy lag­gend. “Want dit is met wie hy ge­trou het.”

Heinz sê sy vrou was nog al­tyd vir hom mooi en hy on­der­steun haar.

“Ek is haar groot­se aan­han­ger en sy is my groot­ste aan­han­ger, en ons moet me­kaar on­der­steun, maak nie saak wat nie.”

In die­self­de trant sê hy die ver­sor­ging van ’n mens se ge­sond­heid is ’n twee­rig­ting­straat.

“Baie men­se maak die fout om hul voor­koms ag­ter­uit te laat gaan, ver­al ná kin­ders. Nie net vroue nie; mans ook. Jy sien hier­die on­ge­son­de bier­pens­mans wat ver­wag hul vrou moet die slan­ke, sexy blon­di­ne bly wat sy was toe hul­le ge­troud is. Maar hul­le kan hul eie voor­koms ag­ter­uit laat gaan. Dis ’n dub­be­le stan­daard.”

Een van die waar­des van hul hu­we­lik is dat hul­le so lank moont­lik vir me­kaar op hul bes­te wil lyk, voeg hy by.

“Maar dis meer as dit. Dis ’n le­wens­be­gin­sel. Jy pro­beer die bes­te weer­ga­we van jou­self wees wat jy kan wees.”

Om die bes­te weer­ga­we van jou­self te wees, be­te­ken nie nood­wen­dig jy is riet­skraal nie, sê Aletté.

“Waar jou ge­luk­ki­ge plek ook al is, waar jy ook al ge­noeg self­ver­troue het om kaal voor jou maat rond te loop – dis waar­voor jy mik. Wan­neer jy op daar­die plek is, voel jy net be­ter en het jy meer self­ver­troue.”

Die eg­paar in 2014 saam met hul seuns, Li­an en Si­me­on, met klein Reu­ben nog op­pad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.