OE­FEN SOOS DIE WINCKLERS

Huisgenoot Wendiëte - - Inhoud -

Heinz en Aletté wys stap vir stap hoe hul­le su­per­fiks bly deur el­ke og­gend som­mer in hul ag­ter­plaas te oe­fen.

Die Kaap­se per­soon­li­ke af­rig­ter Ma­rij­ke Cil­liers het vir Heinz en Aletté ’n won­der­li­ke tuis­pro­gram saam­ge­stel wat die he­le lig­gaam oe­fe­ning gee. Dit sluit krag- en kar­dio-oe­fe­nin­ge in. Die reeks be­staan uit vyf su­per­stel­le met een krag­be­we­ging (soos op­druk­ke) en een kar­dio-oe­fe­ning (soos tou­spring) in elk. Be­gin deur die reeks een keer te vol­tooi en mik daar­na om dit drie keer te doen. Kies ge­wig­te en ’n swaar oe­fen­bal waar­mee jy ge­mak­lik voel – as die oe­fe­nin­ge te mak­lik is, ge­bruik swaar­der toe­rus­ting, sê Ma­rij­ke. In een oe­fe­ning span Aletté haar ba­ba, Reu­ben, as ’n ge­wig in – ’n lek­ker i­dee vir ou­ers van jong kin­ders (maak net se­ker jy hou hul­le styf vas). Die rus­tye is ’n ba­sie­se rig­lyn. As jy ge­reed voel vir die vol­gen­de su­per­stel voor die rus­tyd om is, gaan voort!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.