SÓ KRY KA­TE DIT REG

Baie wens hul­le kan lyk soos die her­to­gin van Cam­brid­ge ná twee swan­ger­skap­pe – hier is haar ge­heim

Huisgenoot Wendiëte - - Inhoud - SAAM­GE­STEL DEUR SA­MAN­THA LUIZ

Hoe lyk ’n mens so viets soos die Her­to­gin van Cam­brid­ge ná twee ba­bas? Ons be­kyk die rou­kos-di­eet, waar­aan sy glo haar slan­ke ly­fie te dan­ke het.

DIT kos baie ma’s maan­de en selfs ja­re om die ge­wig af te skud wat hul­le aan­ge­sit het ter­wyl hul­le swan­ger was. Par­ty kry dit nooit reg nie. Ons was dus ver­stom oor die her­to­gin van Cam­brid­ge se viet­se ly­fie toe sy in Mei 2015 op die trap van die St. Ma­ry­hos­pi­taal ver­skyn het net ’n paar uur na­dat sy die le­we aan haar twee­de aap­stert ge­skenk het.

Se­dert­dien doen ’n paar sa­me­swe­rings­te­o­rieë oor haar ge­wig die ron­de, want “daar is geen kans dat ie­mand wat nou die dag nog swan­ger was, so goed kan lyk nie”, skin­der die ja­loer­ses.

In 2013 het sy ná prins Ge­or­ge se ge­boor­te ewe vin­nig plank­dun ge­word. Maar dis geen ge­heim dat Cat­her­i­ne nog al­tyd haar ge­sond­heid hoog op prys ge­stel het nie.

Vol­gens die B­rit­se koe­rant Dai­ly Mail is die 33-ja­ri­ge Ka­te se slan­ke fi­guur te dan­ke aan ’n di­eet van hoof­saak­lik rou kos.

JU­NIE 2015NET 6 WE­KE NÁ C­HAR­LOT­TESE GE­BOOR­TE

MAART 2015

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.