PLAT­MAAG­DI­EET

Huisgenoot Wendiëte - - Inhoud -

Eet die reg­te kos en jy sal gou-gou min­der op­ge­blaas voel en son­der moei­te in jou je­ans glip.

VOEL dit soms of jy ’n bal­lon in­ge­sluk het? Jou maag is op­ge­swel en jy voel som­mer net groot en on­ge­mak­lik. Of as jy ’n man is, het jy lank­al die i­dee van ’n blok­kies­maag laat vaar en kan jy sweer jou boep word by die dag gro­ter.

“Op­ge­bla­sen­heid is ’n pro­bleem wat baie men­se raak, ver­al vroue,” sê Je­a­nie Nel, ’n ge­re­gis­treer­de di­eet­kun­di­ge by die prak­tyk Ca­pe Die­ti­ci­ans. “Ek sien dik­wels pa­si­ën­te wat sog­gens met ’n plat maag op­staan, maar aan die ein­de van die dag lyk of hul­le ’n paar maan­de swan­ger is.”

Maar wat ver­oor­saak dit, en kan dit voor­kom word? Je­a­nie ver­dui­de­lik baie fak­to­re kan jou maag laat op­swel. Soms is daar ’n ont­ste­king ie­wers in jou in­ge­wan­de, soms is kos in die derm vas­ge­keer, en in die mees­te ge­val­le is daar ge­woon te veel gas teen­woor­dig. Dit kan on­der meer ge­beur as jy te veel kos eet wat gas vorm, lug sluk ter­wyl jy kou­gom kou of gas­koel­drank drink.

Die groot­ste oorsaak van gas is eg­ter ge­woon­lik ’n oor­maat sleg­te bak­te­rieë in jou in­ge­wan­de sê Je­a­nie. Dié na­re gog­gas smul heer­lik aan die sui­ker, al­ko­hol en ver­fyn­de kool­hi­dra­te wat jy eet en vorm dan gas as af­val­pro­duk.

Op­ge­bla­sen­heid op sig­self is on­ge­mak­lik, maar nie sleg vir jou ge­sond­heid nie. Dit kan eg­ter ’n simp­toom van iets an­ders wees, soos ’n spas­tie­se ko­lon, voed­selon­ver­draag­saam­heid en soms selfs kan­ker. Raad­pleeg dus lie­wer jou dok­ter as dit voort­duur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.