STAP DIE ROL­LE­TJIES WEG

Voet­slaan is die een­vou­dig­ste ma­nier om fiks te bly

Huisgenoot Wendiëte - - Inhoud - DEUR KIM A­REND­SE & KIRSTIN BUICK

Loop is se­ker­lik die mak­lik­ste, goed­koop­ste oe­fe­ning. Vier le­sers deel hul suk­ses­ver­ha­le.

OEFENGIERE kom en gaan, maar een het die toets van die tyd deur­staan. Dis een­vou­dig, gra­tis, jy’t so te sê geen toe­rus­ting no­dig nie en om­trent al­mal kan dit doen. “Stap is wê­reld­wyd be­sig om een van die ge­wild­ste ak­ti­wi­tei­te vir ge­sond­heid en fiks­heid te word,” sê Kathleen M­cQu­ai­de, be­mar­king­sen me­di­a­be­stuur­der van die SuidA­fri­kaan­se S­port­we­ten­skap­s­in­sti­tuut in Kaap­stad.

“Dit kik­ker jou he­le lyf op, jy oe­fen nie te veel druk op jou spie­re en been­de­re uit nie en die ge­vaar van be­se­rings is laag.”

Ge­wigs­ver­lies is nie die e­nig­ste voor­deel van stap nie – sy voeg by dit be­vor­der spier­de­fi­ni­sie, dit ver­hoog been­digt­heid en kan jou ri­si­ko ver­laag om chro­nie­se siek­tes te ont­wik­kel.

Die Ka­li­for­nie­se we­ten­skap­li­ke Ka­ty Bo­w­man noem stap die “su­per­kos van fiks­heid” in haar boek Mo­ve Your DNA: Re­sto­re Your He­alth Through Na­tu­ral Mo­vement, en sê dis dalk be­ter vir jou as kor­ter, meer in­ten­se oe­fe­nin­ge. “Dit is die be­we­ging waar­deur men­se ge­de­fi­ni­eer word en dis baie mak­li­ker om so te be­weeg as om oe­fe­ning te kry.”

Ons be­kyk die voor­de­le en vier stap­pers deel hul suk­ses­ver­haal.

‘Stap is die ding om te doen. Jy kan stap, maak nie saak hoe oud jy is nie. Be­gin net stap – selfs al is dit net 100 m!’

HOOFFOTO: MAR­TIN DE KOCK. STILERING: PAMELLA-RO­SE M­LAN­DU. AN­DER FOTO’S VER­SKAF

– 15 kg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.