KOS WAT JOU LE­WE RED

Kan­ker, hart­siek­tes en ar­tri­tis word aan­ge­help deur ont­ste­king van ons sel­le. Met die reg­te di­eet kan jy dié on­ste­king kul

Huisgenoot Wendiëte - - Inhoud - DEUR KIM A­REND­SE

Eet dié kos­se om ont­ste­king in jou lyf teen te werk en jou meer woe­ma te gee.

DAAR­SON­DER sal ons sterf. Wan­neer ons seer­kry, is dit ont­ste­king wat ons lig­gaam se na­tuur­li­ke ver­de­di­ging­stel­sel laat in­skop en in­der­haas wit­bloed­sel­le na die seer­plek stuur om dit te help ge­nees. Maar ont­ste­king kan ook jou ein­de be­te­ken. As dit lank aan­hou, kan dit by­dra tot toe­stan­de soos as­ma, hooi­koors, ar­tri­tis, hart­siek­tes, Al­z­hei­mer-siek­te, di­a­be­tes en de­pres­sie.

Dr. Carl Al­brecht, hoof van na­vor­sing by die Kan­ker­ver­e­ni­ging van Suid-A­fri­ka (Kan­sa), meen ont­ste­king is die teel­aar­de van kan­ker­sel­le. Par­ty ken­ners, soos die Kaap­se voe­ding­kun­di­ge Va­nes­sa Ross, meen dis die oor­sprong van al­le siek­tes.

Chro­nie­se ont­ste­king ont­staan wan­neer die im­muun­stel­sel voort­du­rend ska­de­li­ke che­mie­se stow­we in jou lig­gaam vry­stel, selfs wan­neer daar geen be­se­ring is om te be­stry nie.

“Chro­nie­se ont­ste­king kan oor maan­de of selfs ja­re ont­wik­kel,” sê sy. Ge­volg­lik weet ons ge­woon­lik nie eens dat dit aan die ge­beur is nie.

’n On­ge­son­de di­eet is ’n al­ge­me­ne oorsaak van ont­ste­king: te veel ver­werk­te kos, baie sui­ker, baie ver­sa­dig­de vet en ver­fyn­de kool­hi­dra­te

GALLO IMAGES/GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.