WAARO AL­MAL SAL WERK NIE

Huisgenoot Wendiëte - - Roukos-dieet -

Dit kos heel­wat tyd, e­ner­gie en toe­wy­ding om die roukosdieet te volg. Die re­des is: ❯ Van die be­stand­de­le is nie oral be­skik­baar nie, selfs nie eens in ge­sond­heids­win­kels nie. ❯ Die di­eet kan jou geld­sa­ke ’n knou toe­dien, want van die be­stand­de­le is duur. Jy sal ook voor­af ’n di­eet­kun­di­ge moet raad­pleeg. ❯ Par­ty voe­dings­we­ten­skap­li­kes en di­eet­kun­di­ges sal jou af­raai om die di­eet te volg, want daar is nog geen oor­tui­gen­de we­ten­skap­li­ke be­wys wat die ge­sond­heids­be­lof­tes steun nie. ❯ Par­ty men­se op die di­eet kan suk­kel om ge­ba­lan­seerd te eet en ge­noeg ki­lo­jou­les en kool­hi­dra­te in te neem. ❯ Par­ty voe­ding­kun­di­ges meen die gaar­maak van kos is no­dig – dit word mak­li­ker ver­teer en fi­to­che­mi­ka­lieë en vitamiene, soos li­kop­een in ta­ma­ties en be­ta­ka­ro­teen in don­ker­groen of geel groen­te, word mak­li­ker af­ge­breek en ge­ab­sor­beer. ❯ Om­dat die lig­gaam sy eie en­sie­me in die dun­derm en pan­kre­as ver­vaar­dig, het dit nie reg­tig die en­sie­me van rou kos no­dig nie. ❯ Die gaar­maak­pro­ses maak bak­te­rieë dood en kan die lig­gaam so teen voed­sel­ver­gif­ti­ging be­skerm, sê Su­na.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.