VERSAPPINGSWENKE

Huisgenoot Wendiëte - - Roukos-dieet -

As jy ge­reeld groen­te ver­sap, is dit taam­lik mak­lik om meer as die helf­te van jou kos rou in te neem, sê die di­eet­kun­di­ge dr. Su­na Kas­sier. Sy deel versappingswenke:

1 Was die groen­te en vrug­te.

2 Sny dit eers in stuk­ke.

3 Wan­neer groen­te en vrug­te ver­sap word, bly ve­sel­ry­ke pulp ag­ter. Jy kan dit ag­ter­na weer by­voeg of vir ’n an­der maal­tyd ge­bruik.

4 Sorg dat jy ge­noeg ge­sui­wer­de wa­ter by­voeg vir die ver­wer­king. Dit be­te­ken ge­woon­lik die mees­te kos is met wa­ter be­dek. As jy te min wa­ter ge­bruik, sal die kos­se nie goed meng nie.

5 Ver­werk die kos­se lank ge­noeg so­dat dit baie glad is, maar nie so lank dat dit warm word nie – ten­sy jy dit as sop wil warm maak.

6 Wan­neer rou­kos-aan­han­gers iets ’n bie­tjie ro­me­ri­ger as die ge­wo­ne groen­te­sap wil hê, be­veel die voe­dings­te­ra­peut And­rea Jen­kins van Kaap­stad aan dat jy be­vro­re pie­sang in­span om skom­mels melk­ag­tig te maak. Jy kan ook a­man­del- of hen­nep­melk (by die mees­te ge­sond­heids­win­kels te kry) of a­vo­ka­do ge­bruik.

’n Skraal Cat­her­i­ne in Sep­tem­ber 2015.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.