VER­STAAN JOU ME­TA­BO­LIS­ME

Huisgenoot Wendiëte - - Metabolisme-dieet -

HOE WEET EK MY ME­TA­BO­LIS­ME IS TRAAG?

As jy suk­kel om ge­wig te ver­loor al volg jy ’n streng di­eet, weer ge­wig aan­sit na­dat jy dit ver­loor het of as die mees­te van jou vet om jou mid­del aan­pak, het jy dalk pro­ble­me met jou me­ta­bo­lis­me. Nog aan­dui­dings is dat jy ge­du­rig moeg is, swak slaap, nie goed van oe­fe­ning her­stel nie of as jy he­wi­ge ge­moe­den eet­lus­skom­me­lin­ge er­vaar.

KAN KOS MY ME­TA­BO­LIS­ME BE­ÏN­VLOED?

Na­dat kos ge­ëet is, moet dit ver­teer en op­ge­neem word voor dit ge­bruik of ge­berg word. Dié pro­ses­se verg e­ner­gie.

Ver­skil­len­de kos­se be­ïn­vloed jou me­ta­bo­lis­me ver­skil­lend. Kos wat meer pro­te­ïen be­vat, ge­bruik meer e­ner­gie om te ver­teer as kos wat hoof­saak­lik kool­hi­dra­te of vet be­vat.

Meer werk is no­dig om ve­sel­ry­ke kool­hi­dra­te te ver­teer as ver­fyn­de kool­hi­dra­te; dis waar­om jy nie so baie van laas­ge­noem­de moet eet nie. Par­ty kos­se soos groen­tee, ka­fe­ïen en brand­ris­sies be­vat ver­bin­dings wat ons me­ta­bo­lis­me vir kort ruk­kies ak­tief kan aan­wak­ker.

HOE KAN OE­FE­NING MY ME­TA­BO­LIS­ME BE­ÏN­VLOED?

Spie­re wat har­der werk, ’n hart wat vin­ni­ger klop en lon­ge wat vin­ni­ger a­sem­haal het meer e­ner­gie no­dig; daar­om ver­snel jy jou me­ta­bo­lis­me wan­neer jy oe­fen. Ná ’n oe­fen­ses­sie kos dit jou lig­gaam ’n ruk­kie om daar­van te her­stel. Jou me­ta­bo­lis­me bly dus in daar­die tyd nog vin­nig.

Dit geld selfs meer as jy kort ses­sies van in­ten­sie­we oe­fe­ning doen met kort rus­pe­ri­o­des tus­sen­in. So ’n pro­gram – dit word hoë-in­ten­si­teit-in­ter­val-oe­fe­ning ge­noem – laat jou toe om bin­ne ’n kort tyd­jie met baie ki­lo­jou­les klaar te speel en is ewe voor­de­lig as wan­neer jy lan­ger maar min­der in­tens oe­fen.

Voeg daar­by oe­fe­ning met ge­wig­te wat jou ster­ker maak en jou spie­re laat toe­neem, en jou me­ta­bo­lis­me sal dra­ma­ties ver­snel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.