OOR­GE­NOEG OPJOUBORD

Huisgenoot Wendiëte - - Metabolisme-dieet -

HET JY DIE DI­EET GE­NIET?

Die bes­te ding was dat ek nooit hon­ger was nie. Dit het ge­voel of ek die heel­tyd eet! Dit is or­dent­li­ke kos, nie “haas­kos” soos die blaar­slaai, wor­tel­stok­kies en sel­de­ry wat ti­pies van so baie di­ë­te is nie.

WAT IS DIE NA­DE­LE?

Die deel wat ek die min­ste ge­niet het, is die be­rei­ding. Jy moet voor­uit be­plan en die heel­tyd reg­tig ge­or­ga­ni­seerd wees om die di­eet te volg. Be­hal­we in my werk is ek glad nie ge­or­ga­ni­seerd nie!

IS DAAR GE­NOEG KEU­SES?

Ja. Ek kook nie dik­wels nie en die ver­skei­den­heid kos het my op­ti­mis­ties en op­ge­won­de laat voel om in die kom­buis te eks­pe­ri­men­teer.

IS DIT MAK­LIK OM TE VOLG?

Ek het dit moei­lik ge­vind om by die plan te hou, want ek sou vir ’n paar dae goed be­plan en dan weer ’n paar dae heel­te­mal on­voor­be­reid wees – ver­al wan­neer ek ge­reis het (en dit was die mees­te van die tyd). Ek het ge­vind ek kon net nie met die di­eet vol­hou op spe­si­a­le ge­sel­lig­he­de soos trou­es nie.

SAL JY DIT AAN­BE­VEEL?

Dit is ’n ge­son­de ma­nier om ge­wig te ver­loor. Die kos­keu­ses is nie be­perk nie en jy sal nie hon­ger ly nie.

WAT­TER RAAD HET JY?

Maak dit pret­tig – speel rond in die kom­buis wan­neer jy die ba­sie­se be­gin­sels van die di­eet on­der die knie het.

‘Dit was op­win­dend om met nu­we ge­reg­te in die kom­buis te eks­pe­ri­men­teer’

– 3,5 kg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.