VOOR­DE­LE VAN GESINSETES

Huisgenoot Wendiëte - - Gesins-dieet -

Jy kan ’n goeie voor­beeld stel en jou kin­ders ge­son­de ge­woon­tes leer as hul­le saam met jou eet. ’n Oor­sig van stu­dies by die Rut­gers-u­ni­ver­si­teit in A­me­ri­ka het ge­wys kin­ders wat ge­reeld saam met hul ge­sin eet, is ge­neig om meer vrug­te, groen­te, ve­sel, kal­si­um­ry­ke kos­se en vitamiene in te kry. Vol­gens ’n s­tu­die wat in 2011 in die Jour­nal of the A­me­ri­can A­ca­de­my of Pe­di­a­tri­cs ver­skyn het, is kin­ders wat ge­reeld saam met hul ge­sin eet 35 per­sent min­der ge­neig om aan eet­ver­steu­rings te ly, 24 per­sent meer ge­neig om ge­son­der te eet en 12 per­sent min­der tot oor­ge­wig ge­neig.

(Blaai om)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.