WAT DIE KEN­NER SÊ

Die ge­re­gis­treer­de di­eet­kun­di­ge A­dri­an Pen­z­horn be­ant­woord ons vrae.

Huisgenoot Wendiëte - - Gesins-dieet -

Wat is die groot­ste fou­te wat ou­ers met die ves­ti­ging van hul kin­ders se eet­ge­woon­tes maak?

As ’n mens jou kind dwing om te eet wat voor­ge­sit word, kan hy ’n sleg­te ver­hou­ding met kos ont­wik­kel. Of as jy hom toe­laat om te eet wat hy wil, kan hy on­ge­son­de eet­ge­woon­tes leer. Bied ge­son­de kos oor en oor aan – uit­ein­de­lik sal jou kind dit eet.

Hoe kan ou­ers ’n voor­beeld vir hul kin­ders stel?

Wees be­trok­ke by die be­rei­ding van e­tes in die kom­buis en eet ge­sond voor jou kin­ders. Kin­ders sal dié ge­woon­tes aan­leer en as nor­maal aan­vaar. Moe­nie re­ëls vir jou kin­ders maak wat jy nie volg nie. Pro­beer om nie by die huis oor ge­wigs­kwes­sies te praat nie, ver­al nie met e­tens­tyd nie. Kon­sen­treer eer­der op ge­sond en ak­tief wees en om goeie keu­ses te maak, met an­der woor­de al die po­si­tie­we as­pek­te van ’n ge­son­de leefstyl.

Wenke vir ge­son­de peu­sel­hap­pies vir kin­ders

Kies een of twee van die kos­se hier­on­der en kom­bi­neer dit as ge­son­de peu­sel­hap­pies of e­tes. Die­self­de geld vir vol­was­se­nes – ver­groot net die por­sies. Pro­te­ïe­ne Vleis, hoen­der, vis, melk, jo­gurt, kaas, ei­ers, boon­tjies Ve­sel Vrug­te, groen­te, neute, sa­de, vol­ko­ring­brood of -kraak­be­skuit­jies Wa­ter So kan ’n lek­ker kos­blik lyk Jo­gurt, sak­kies tu­na, ge­kook­te ei­ers, klein blok­kies kaas, dro­ë­vrug­te, kraak­be­skuit­jies, neute en saadsta­fies kan al­les mak­lik saam­ge- dra word en sal in die kos­blik vars bly. Dis ’n goeie plan om ’n klein bot­tel­tjie wa­ter te vries en dit saam in die kos­blik te plaas om die hap­pies koel te hou.

Wat is die bes­te kos­se wat help met kon­sen­tra­sie en ge­noeg e­ner­gie?

Die bes­te raad vir kon­sen­tra­sie en e­ner­gie is om ge­hi­dreer te bly en jou bloed­sui­ker ge­ba­lan­seerd te hou. Drink wa­ter wan­neer jy dors is. Jy kan toets of jy ge­noeg wa­ter drink deur na die kleur van jou u­ri­ne te kyk. As dit te don­ker is, drink jy te min wa­ter; as dit te lig is, drink jy te veel. Mik na die kleur van strooi. ’n Kom­bi­na­sie van ve­sel­ry­ke kos­se soos vrug­te en groen­te, neute en sa­de, boon­tjies of vol­gra­ne met pro­te­ïen uit vleis, hoen­der, sui­wel­pro­duk­te, ei­ers of vis kan jou bloed­sui­ker­vlak ba­lan­seer en e­ner­gie-in­sin­kings ver­my. Pro­beer om klei­ner por­sies sty­sel en sui­ker te eet want dié kos kan jou tam laat voel.

Mo­ti­veer die ge­sin so om ge­sond te eet

Maak die be­rei­dings­pro­ses op­win­dend. Maak dit ’n spe­le­tjie om te be­sluit wat om vir aand­e­te te maak, hou ’n ete met ’n te­ma deur ge­son­de be­stand­de­le, kleu­re en vorms te ge­bruik of hou ’n ge­sel­li­ge par­ty­tjie waar al­mal hul eie toe­brood­jie­vul­sel of piz­za­bo­laag uit kleur­ry­ke, ge­son­de be­stand­de­le kan kies. Moet nooit soet­goed as be­lo­ning in­span nie. Ver­vang on­ge­son­de kos: Maak melk­skom­mel van melk, jo­gurt, ys en ’n vrug of grond­boon­tjie­bot­ter; ge­bruik ’n tortilla as piz­za­ba­sis; eet spring­mie­lies pleks van aar­tap­pel­sky­fies; ver­vang sui­ker­ry­ke ont­byt­kos met ha­wer­mout en vrug­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.