’N NU­WE LEEF­STYL

Huisgenoot Wendiëte - - Ge­sins-di­eet -

HET JY DIE DI­EET GE­NIET?

Ek het, want dit het nie ge­voel as­of ek ’n di­eet volg nie. Ek was heel­tyd ver­sa­dig en het nooit kos­dran­ge ge­had soos met my vo­ri­ge di­ë­te nie.

WAT IS DIE NA­DE­LE?

Die sleg­ste deel was dat ek moeg daar­van ge­word het om so baie te eet. Die kos was ’n bie­tjie te veel. Ge­woon­lik eet ek nie meer as twee keer per dag nie en klein por­sies op ’n slag – ek sal ’n hal­we toe­brood­jie vir mid­dag­e­te eet en soms eet ek nie aand­e­te nie. Op dié di­eet was ek al­tyd ver­sa­dig!

IS DAAR GE­NOEG KEU­SES?

Die mees­te van die be­stand­de­le is mak­lik ver­kryg­baar en daar was baie om uit te kies. Ek het my oor die ja­re ge­leer om kool­hi­dra­te uit te s­ka­kel en dit was nog­al ’n uit­da­ging om dit weer te be­gin eet. Maar ter­wyl ek die di­eet ge­volg het, het ek ge­son­der ge­voel en my self­ver­troue was meer.

IS DIT MAK­LIK OM TE VOLG?

Dit was nie moei­lik om by die eet­plan te hou nie om­dat dit die mees­te van die voed­sel­groe­pe in­sluit. My ge­sin het deel­ge­neem en dit toe laat vaar. Dit was soms ef­fens oor­wel­di­gend vir my seuns, want daar was ’n klomp ver­skil­len­de kos­se op een slag op hul bord – hul­le wil ge­woon­lik een­vou­di­ge kos soos Ween­se wor­sies hê! My man het ein­de­lik tou op­ge­gooi, want hy haat groen­te en hou net van lams­vleis.

SAL JY DIT AAN­BE­VEEL?

Be­slis. Hoe­wel dit net ’n 21-dag-eet­plan is, ver­an­der dit jou eet­ge­woon­tes ten goe­de.

WAT­TER RAAD HET JY?

D­rink baie wa­ter tus­sen maal­tye, pro­beer ak­tief wees – s­tap pleks daar­van om met die hys­bak te ry, s­tap oor die al­ge­meen meer en peu­sel aan groen­te as jy tus­sen maal­tye hon­ger word.

‘Ek volg dit nie meer soos ’n di­eet nie – dit het my leef­styl ge­word’

FO­TO: RO­WYN LOM­BARD. STI­LE­RING: KE­LE­BO­GI­LE FO­KO

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.