SO WERK DIE DI­EET

Huisgenoot Wendiëte - - Eet-meer-weeg-minder-dieet -

DIE BE­GIN­SELS

Men­se met ’n groot eet­lus suk­kel met ’n ge­wo­ne di­eet en is dik­wels hon­ger ter­wyl hul­le dit volg.

Die i­dee van die eet-meer-weeg­min­der-di­eet is dat jy groot hoe­veel­he­de kos kan eet wat min ki­lo­jou­les en baie wa­ter be­vat so­dat jy ver­sa­dig voel en nie af­ge­skeep nie. So is dit mak­li­ker om met die di­eet vol te hou. Dis ’n be­na­de­ring tot ge­son­de eet­ge­woon­tes, pleks van ’n on­buig­sa­me eet­plan.

HOE­VEEL GE­WIG KAN JY VER­LOOR?

Jy sal sta­dig en vol­hou­baar ver­slank. Die ver­wag­te ge­wig­ver­lies is 2 tot 4 kg per maand na ge­lang van hoe ver jy van jou doel­ge­wig is en hoe ak­tief jy is.

WAT­TER KOS­SE WAT JOU VER­SA­DIG LAAT VOEL KAN JY IN OOR­VLOED EET SON­DER DAT JY GE­WIG AAN­SIT?

Vars groen­te, on­der meer blaar­slaai, ro­ket, spi­na­sie, komkommer, ta­ma­tie, as­per­sies, ar­ti­sjok­ke, broc­co­li, blom­kool, sel­de­ry, boon­tjie­sprui­te, kool, sui­ker-ert­jies, groen­bo­ne, sam­pi­oe­ne, skor­sies, vla­pam­poen­tjies, murg­pam­poen­tjies, soet­ris­sies, preie, ra­dy­se en spriet­uie. Jy kan dit eet as slaai, roer­braai, in ’n sop of as peu­sel­kos. Mik na min­stens 3 tot 4 ver­skil­len­de groen­te per dag en koop sei­soen­groen­te.

Rooi­bos- en krui­e­tee (soos ka­mil­le, wil­de­bes­sie of pe­per­ment) kan oor­vloe­dig ge­drink word om te help dat jy ge­noeg vloei­stof in­neem.

PA­S­OP VIR KOS­SE WAT JOU VIN­NIG GE­WIG SAL LAAT AAN­SIT SON­DER DAT DIT JOU VER­SA­DIG LAAT VOEL

Dro­ë­vrug­te en vrug­te­sap is ge­kon­sen­treer­de weer­ga­wes van vrug­te. Kies lie­wer vars vrug­te wat jou meer ver­sa­dig sal laat voel en meer ve­sel by jou di­eet voeg. Die di­eet be­vat ge­son­de vet­te met baie ki­lo­jou­les wat jou nie da­de­lik ver­sa­dig laat voel nie, maar goed is vir jou ge­sond­heid. Dit sluit in mar­ga­rien, slaai­sou­se, rou neute en saad, a­vo­ka­do en o­ly­we.

Kaas is die sui­wel­pro­duk met die mees­te vet – selfs la­e­vet­kaas – en moet be­perk word. Ge­braai­de kos­se moet ver­my word. En bly weg van weg­neem­kos­se soos wors, pas­teie, sa­moe­sas, tjips en dro­ë­wors.

IS DIE DI­EET MAK­LIK?

Ja, dit is mak­lik. Die di­eet ver­bied nie he­le kos­groe­pe nie; daar­om is die kans gro­ter dat jy daar­mee sal kan vol­hou en die rol en be­lang­rik­heid van ’n ge­son­de leefstyl sal in­sien.

WIE MOET DIT NIE VOLG NIE?

Geen ne­we-ef­fek­te of erns­ti­ge ri­si­ko’s is al met dié di­eet te­ë­ge­kom nie, maar raad­pleeg jou dok­ter al­tyd voor jy met ’n nu­we di­eet en oe­fen­pro­gram be­gin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.