PLAT­TER & MA­ER­DER

Huisgenoot Wendiëte - - Eet-meer-weeg-minder-dieet -

Kan jy jou maag plat­ter kry deur jou di­eet aan te pas?

Ja. As jy gas­vor­men­de kos uit­ska­kel, be­hoort jy min­der op te blaas. As jy min­der ki­lo­jou­les in­neem, sal jy ge­wig af­skud en as jy ge­wig af­skud, sal die vet­jies om jou maag ook min­der word en sal jou maag af­plat.

Hoe weet jy of jou derms on­ge­sond is en dit die oorsaak van jou op­ge­bla­sen­heid is?

Ie­mand met ’n ge­son­de derm het el­ke 18 tot 24 uur ’n stoel­gang. Daar be­hoort geen slym, on­ver­teer­de kos of bloed daar­in voor te kom nie en dit moet goed ge­vorm en lang­wer­pig wees. Men­se met ge­son­de in­ge­wan­de se a­sem ruik ook be­ter. Dis nor­maal om wind­jies te laat, maar nie om op­ge­blaas te voel nie. As jy meer as 15 tot 20 keer per dag wind­jies het, is iets dalk nie pluis met jou derms nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.