SPEEL KLAAR MET OPGBLASENHEID

Huisgenoot Wendiëte - - Eet-meer-weeg-minder-dieet -

Te veel kool­hi­dra­te Jou lig­gaam berg kool­hi­dra­te as gli­ko­geen in die spie­re. Vir el­ke gram gli­ko­geen wat ge­berg word, word 3 g wa­ter saam ge­berg. Eet dus net die no­dig­ste kool­hi­dra­te, soos vol­graan- of rog­brood, ha­wer­mout en bruin­rys.

Kou­gom Wan­neer jy kou­gom kou, sluk jy baie lug. Die lug word in die spys­ver­te­rings­ka­naal vas­ge­keer, wat dan op­ge­bla­sen­heid ver­oor­saak.

Ver­soe­ters Sui­ker­plaas­ver­van­gers soos xi­li­tol en mal­ti­tol kan gas­vor­mend wees. Ver­my trou­ens al­le ver­soe­ters en ver­Mag­ne­si­um­ry­ke vang dit lie­wer waar moont­lik met geur­mid­dels soos va­niel­je en ka­neel.

Rou groen­te Baie men­se suk­kel om rou groen­te te ver­teer om­dat dit ve­sel­ryk is. Die ge­volg is dat hul­le op­ge­bla­se voel. Die ve­sel in gaar groen­te is mak­li­ker om te ver­teer. ’n Kort kook- of stoom­tyd maak reeds ’n groot ver­skil en par­ty groen­te, soos ta­ma­tie en spi­na­sie, se voe­dings­waar­de is selfs ho­ër wan­neer dit gaar­ge­maak is.

Diep­vet­ge­braai­de kos­se Vet­te­ri­ge kos­se word sta­di­ger ver­teer en kan jou swaar en op­ge­blaas laat voel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.