WAT DIE KEN­NER SÊ

Huisgenoot Wendiëte - - Sjokolade-dieet -

Je­a­nie Nel van Ca­pe Die­ti­ci­ans be­kyk kwel­vrae oor die di­eet.

Is dit be­ter om sjo­ko­la­de eer­der as an­der soet­goed te eet?

Vet­vrye jel­lie­lek­kers en har­de lek­kers het ge­woon­lik min­der ki­lo­jou­les as sjo­ko­la­de want dit be­vat geen vet nie, maar dit word meest­al van ver­fyn­de sui­ker ge­maak. Al be­vat dit min­der ki­lo­jou­les, het ver­fyn­de sui­ker ’n groot uit­wer­king op jou bloed­sui­ker­vlak, wat ska­de­li­ker kan wees. En dit kan jou dik­wels meer vet laat berg, want jou in­su­lien­vlak word ho­ër.

Sjo­ko­la­de hou meer ge­sond­heids­voor­de­le in as dit ma­tig ge­ëet word, want dit be­vat meer bi­o­lo­gies ak­tie­we be­stand­de­le, ter­wyl glu­ko­se­lek­kers be­skou word as sui­ker­bom­me son­der e­ni­ge voe­ding­stow­we.

Hoe weet ’n mens of jy aan sjo­ko­la­de ver­slaaf is?

Ek sien dik­wels men­se wat hul­le­self "sjo­kosla­we" noem. Sjo­ko­la­de is ge­woon­te­vor­mend, want dit kan jou vin­nig be­ter laat voel. Wan­neer ons soet en vet- te­ri­ge kos eet, word se­ro­to­nien vry­ge­stel, ’n che­mie­se stof wat ’n mens se ge­moed lig. Ek sou nie sê daar is iets soos sjo­ko­la­de­ver­sla­wing nie; dis eer­der die be­hoef­te aan op­beu­ring. Ons is ver­slaaf aan die ge­luk­ki­ge ge­voel wat ons dank­sy al die bi­o­lo­gies ak­tie­we be­stand­de­le er­vaar na­dat ons sjo­ko­la­de ge­ëet het.

Hoe kan jy keer dat jy jou aan sjo­ko­la­de oor­eet?

Kies die sjo­ko­la­de wat jy eet ver­sig­tig. Kies lie­wer ge­wo­ne don­ker­sjo­ko­la­de met ’n hoë ka­kao-in­houd – niks min­der as 70 per­sent nie, maar ver­kies­lik 85-90 per­sent. Ver­my melk­sjo­ko­la­de met vul­sels wat baie vet en sui­ker be­vat. En pas por­sie­be­heer toe. Koop kos in klei­ner por­sies of ver­deel dit self in klei­ner por­sies en draai die por­sies in­di­vi­du­eel toe.

As ek ’n oop plak don­ker­sjo­ko­la­de van 100 g in my laai het, sal ek dit waar­skyn­lik voor die ein­de van die dag heel­te­mal op­eet deur ge­reeld klein stuk­kies te eet – ’n oop om­hul­sel spook by my. Ek stel voor jy breek dit in vier ewe groot stuk­ke, draai dit toe en bê­re dit waar jy dit nie kan sien nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.