VAN DIE RE­DAK­TEUR

Huisgenoot Wenresepte - - FRONT PAGE -

WENRESEPTE maak al by­na 40 jaar deel uit van Huis­ge­noot se kos­blaaie. Hand­ge­skre­we brie­we met die re­sep daar­by het el­ke week in hul hor­des by die toets­kom­buis op­ge­daag. Die bes­tes daar­van is ge­toets en het dan in die tyd­skrif ver­skyn. Dié ge­wil­de re­sep­te is deur die ja­re ook in ’n reeks boe­ke ver­vat. In die meer on­lang­se ja­re het le­sers in­skry­wings per e-pos aan­ge­stuur – hoof­saak­lik re­sep­te wat vin­nig aan­me­kaar­ge­slaan kan word, soos een­bak­ge­reg­te en kits­koe­ke – om­dat hul­le be­sef het hul­le het nie meer so­veel tyd om in­ge­wik­kel­de kos te maak nie. Die koms van Me­dia24 se eie leef­styl­ka­naal, VIA, het die i­de­a­le plat­form ge­bied om ’n tik­kie TV-glans aan die ou suk­ses­re­sep te ver­leen met die kos­maak­pro­gram Jy Het ’n Wen­re­sep.

In el­ke e­pi­so­de het drie deel­ne­mers hul guns­te­ling-re­sep be­rei en ek as be­oor­de­laar kon net een wen­ner aan­wys. Vir my was dié i­dee aan­vank­lik se­nu­ter­gend, want hoe be­paal jy ’n wen­ner son­der om subjektief te wees? Dit het my sla­pe­lo­se nag­te be­sorg tot ons ’n reeks kri­te­ria vas­ge­stel het (kyk op bl. 6) waar­aan el­ke wen­re­sep moet vol­doen. Daar­na was ek rus­ti­ger, want toe kon ek el­ke ge­reg ob­jek­tief be­oor­deel en my nie deur ’n oulike deel­ne­mer of fraai bor­de laat be­ïn­vloed nie. Ek het ook op die re­sep­te eer­der as die deel­ne­mers se vaar­dig­heid in die kom­buis ge­fo­kus.

Al die re­sep­te van die TV-pro­gram se eer­ste sei­soen is in hier­die tyd­skrif saam­ge­vat. Hul­le is be­proef­de fa­mi­lie­guns­te­lin­ge en kre­a­tie­we ge­reg­te wat deur die deel­ne­mers ge­skep is. Al die ge­reg­te is mak­lik en vin­nig klaar en ek het om­trént lek­ker daar­aan ge­proe.

As deel van die wen­ners se prys het ek el­ke wen­re­sep her­sti­leer so­dat dit vars en mo­dern op die fo­to’s lyk. Vir hier­die tyd­skrif het ek ook een re­sep van el­ke e­pi­so­de ge­kies en dit bin­ne die raam­werk van die kri­te­ria her­skep. Ons noem dit Car­men se Kin­kel.

Ver­der het ons wen­ke om kos te geur in­ge­sluit as­ook oplossings vir al­ge­me­ne pro­ble­me wat ty­dens die be­rei­ding van kos kan op­duik.

Nou is dit jou beurt om hier­die re­sep­te te be­proef en dit selfs jou eie in­te­res­san­te kin­kel te gee! Laat weet ons ge­rus by pro­jek­te@huis­ge­noot. com wat jy van dié uit­ga­we dink of as jy ’n won­der­li­ke re­sep het.

Lek­ker kos maak!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.