Bo­bo­tie met ta­ma­tie­blat­jang

Ja­co Mul­ler Han­li Uys

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

(VARS, LEK­KER, VER­NU­WEND, GE­SOND)

Dis die ta­ma­tie­blat­jang wat hier­die bo­bo­tie lek­ker an­ders maak. By die Chef ’s Bench het hul­le lank ’n klas­sie­ke blat­jan­g­re­sep ge­bruik wat kom van ou­ma E­ri­ka, die ou­ma van Ja­co se ven­noot, S­tef­fen O­li­vier. Ja­co ver­tel hy het een­keer die blat­jang ge­maak ter­wyl hy be­sig was om die ro­ker vir ’n s­tuk­kie vark­skou­er reg te kry. Hy het toe som­mer be­sluit om die ta­ma­ties te rook en het ook ’n paar spe­se­rye ge­roos­ter en by­ge­voeg. Se­dert­dien is dié aan­ge­pas­te blat­jang ’n groot guns­te­ling by die Chef ’s Bench. Ja­co sê ’n bak­kie bo­bo­tie of boe­re­wors­rol proe net nie die­self­de son­der dié blat­jang nie.

GE­NOEG VIR 6 MEN­SE Be­rei­ding: 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 80-90 mi­nu­te

SPE­SE­RYE

5 ml (1 t) kol­jan­der­saad­jies 5 ml (1 t) ko­myn­saad­jies 5 ml (1 t) vin­kel­saad­jies 5 ml (1 t) mos­terd­saad­jies 15 ml (1 e) Skoon­ma-se-spe­se­ry­meng­sel 5 ml (1 t) bor­rie 5 ml (1 t) ga­ram ma­sa­la 5 ml (1 t) ka­neel

MAAL­VLEIS

30 ml (2 e) o­lyf­o­lie 3 wituie, fyn ge­kap 2 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk 3 cm-stuk vars gem­mer, fyn ge­kap 1 brand­ris­sie, saad­jies ver­wy­der en fyn ge­kap 1 kg ma­er lams­maal­vleis 1 suur­le­moen se sap en fyn­ge­ras­per­de s­kil 20 ml (4 t) le­moen­mar­me­la­de 10 ml (2 t) sui­ker 60 ml (¼ k) ge­rook­te ta­ma­tie­blat­jang (re­sep

op oor­kant­ste blad­sy) 30 ml (2 e) wor­ces­ter­sous 30 ml (2e) ta­ma­tie­pas­ta 2 snye wit­brood, ge­week in wa­ter en fyn

ge­druk 200 g ro­syn­tjies sout en pe­per na smaak 6 vars ker­rie- of suur­le­moen­bla­re

BOLAAG

1 le­moen se sap en fyn ge­ras­per­de s­kil 500 ml (2 k) melk 4 ei­er­ge­le

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Smeer ’n groot oond­skot­tel met bot­ter of o­lyf­o­lie. 1 Spe­se­rye Ver­hit die koljander-, ko­myn-, vinkel- en mos­terd­saad­jies in ’n klein pan­ne­tjie. Roos­ter dit lig­gies tot ’n bie­tjie rook uit­kom. Plaas dit in ’n stam­per en vy­sel en maal fyn. Voeg die Skoon­ma-se-sper­se­ry­meng­sel, bor­rie, ga­ram ma­sa­la en ka­neel by. 2 Maal­vleis Ver­hit die o­lie in ’n groot pan op die stoof. Braai die uie en knof­fel oor ma­ti­ge hit­te tot sag en gla­sig. Voeg die gem­mer en brand­ris­sie by en braai ’n mi­nuut. Voeg die maal­vleis by en braai tot net gaar. Voeg die suur­le­moen­sap en -s­kil, mar­me­la­de, sui­ker, blat­jang, wor­ces­ter­sous, en ta­ma­tie­pas­ta by. Roer goed deur en voeg laas­tens die brood en ro­sy­ne by. Geur met sout en pe­per na smaak. Laat dit ’n mi­nuut lank kook. Ver­laag die hit­te en laat prut 15-20 mi­nu­te. 3 Skep die maal­vleis in die voor­be­rei­de bak. Druk die bla­re in. 4 Bolaag K­lits al die be­stand­de­le saam. Giet dit oor die maal­vleis. Bak so­wat 40 mi­nu­te tot die bolaag gaar en ge­stol is. 5 Sit voor met geel­rys, ge­rook­te ta­ma­tie­blat­jang en pie­sangs­laai (re­sep­te op oor­kant­ste blad­sy).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.