Vyf­ster-kof­fies­oen­tjies

Pau­li­ne S­choe­man

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

Pau­li­ne droom daar­van om een­dag haar brood met bak te ver­dien. Sy het hier­die kof­fie­koe­kies vir ’n kamp­va­kan­sie ge­bak toe sy en haar man nog pas ge­troud was. Dit was ver­on­der­stel om die he­le va­kan­sie te hou, maar was so lek­ker dat hul­le dit bin­ne die eer­ste twee dae ver­or­ber het!

LE­WER SO­WAT 24 SOENTJIES Be­rei­ding: 10 mi­nu­te Bak­tyd: 10-12 mi­nu­te

KOEKIES

250 g sag­te bot­ter 180 ml (¾ k) ver­sier­sui­ker, ge­sif 10 ml (2 t) kof­fie­poei­er 15 ml (1 e) kook­wa­ter 500 ml (2 k) koek­meel, ge­sif

VULSEL

50 g don­ker­sjo­ko­la­de, ge­smelt

Sjo­ko­la­de en kof­fie bly ’n wen­kom­bi­na­sie

PAU­LI­NE

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Voer bak­pla­te uit met bak­pa­pier. 1 Koekies Room die bot­ter en ver­sier­sui­ker tot lig­geel. Meng die kof­fie­poei­er en kook­wa­ter en giet by die bot­ter­meng­sel. K­lits goed. 2 Roer die koek­meel by die bot­ter­meng­sel. Dit sal ’n sag­te deeg wees. 3 Skep die deeg in ’n spuit­sak met ’n ster­punt. Spuit sir­kels van so­wat 2 cm wyd. Moe­nie die koekies te na­by aan me­kaar spuit nie. 4 Bak 10­12 mi­nu­te tot ef­fens bruin. Ver­wy­der uit die oond en laat op ’n draad­rak­kie af­koel. 5 Vulsel Plak 2 koekies op ’n slag met die ge­smel­te sjo­ko­la­de aan me­kaar vas.

CAR­MEN SÊ

Die re­sep bied werk­lik ’n kort­pad en word in ’n om­me­sien­tjie som­mer in die men­ger aan­ge­maak. Dit be­vat ver­sier­sui­ker en ook nie te veel daar­van nie, wat dit min­der soet en ge­son­der maak. Pleks daar­van om die soentjies met die be­ken­de soet ver­sier­sel aan me­kaar te plak, word die plak­werk met ’n dun smeer­sel don­ker­sjo­ko­la­de ge­doen. Die koekies sal ook lek­ker wees as ’n soe­tig­heid ná ete saam met kof­fie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.