Pa­tat-le­moen­slaai

Ni­na Timm

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

Om­dat Ni­na glo aan harts­kos wat met lief­de ge­maak is, is haar groot­ste kos­maak­wenk dat ’n mens nooit kos moet maak ter­wyl jy kwaad is nie!

GE­NOEG VIR 4 MEN­SE Be­rei­ding: 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 35 mi­nu­te

SLAAI

2 groot pa­tats o­lyf­o­lie sout 2 le­moe­ne groot hand vol ge­kap­te vars kruie soos pie

ter­sie­lie en ba­si­lie 2 rol­le (100 g elk) che­v­in (bok­melk­kaas) 100 g heel ok­ker­neu­te

SLAAISOUS

250 ml (1 k) ka­no­la-o­lie sap en s­kil van 1 suur­le­moen 15 ml (1 e) ment 30 ml (2 e) wit drui­we­a­syn of

droë s­jer­rie 15 ml (1 e) heu­ning sout na smaak

AF­RON­DING

vars blaar­slaai, ro­ket, ment en bron­kors

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. 1 Slaai Was en bor­sel die s­kil van die pa­tats, maar moet dit nie af­skil nie. 2 Sny die pa­tats in kwar­te en pak op ’n bak­plaat. Vryf die sky­we met o­lyf­o­lie en be­sprin­kel met ’n bie­tjie sout. Bak so­wat 35 mi­nu­te tot die pa­tat sag is wan­neer jy dit met ’n vurk toets . 3 S­kil die le­moe­ne en sny die seg­men­te van die le­moen ver­sig­tig uit. Hou een­kant. 4 Druk die sap van die le­moe­ne uit. 5 Kap die kruie fyn en rol die bok­melk­kaas daar­in. Hou een­kant.

6 Plaas die ok­ker­neu­te in ’n droë pan en roos­ter tot don­ker. Hou een­kant. 7 Slaaisous K­lits al die be­stand­de­le as­ook die le­moen­sap saam. 8 Af­ron­ding Pak die blaar­slaai en ro­ket on­der­in ’n mooi slaai­bak. Rang­skik die pa­tat­sky­we bo-op, ge­volg deur die le­moen­seg­men­te. 9 Sny die kaas in dun sky­fies en pak bo-op. Plaas die ment en bron­kors bo-op die slaai. Strooi die ok­ker­neu­te oor en sit voor met die slaaisous.

CAR­MEN SÊ

Dié slaai is ’n uit­ste­ken­de voor­beeld van hoe ’n mens ’n re­sep kan ver­nu­we om te vol­doen aan al vyf kri­te­ria (kyk op bl. 6). Pleks van gis­ter se sui­ker­soet soet­pa­tats te ge­bruik het Ni­na ’n slaai ge­prak­seer met ’n ver­skei­den­heid vars geu­re en sma­ke. Dis vin­nig, su­per­ge­sond en dek­sels lek­ker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.