Kits-mie­lie­vet­koe­kies of -plaat­koe­kies

Li­zet Hart­ley

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

(KORT­PAD, VARS, LEK­KER, VER­NU­WEND)

“My ou­ma het ge­glo kos moet bin­ne 20 mi­nu­te op die ta­fel wees, en haar kits-mie­lie­koe­kies was as kind een van my guns­te­lin­ge,” ver­tel Li­zet. “Daar was geen ge­suk­kel met gis nie – dié een ge­bruik bak­poei­er en is bin­ne vyf mi­nu­te in die pan. Maar die wê­reld het aan­be­weeg en ons is dees­dae bloot­ge­stel aan al­ler­han­de oor­se­se in­vloe­de wat my ou­ma nie ge­had het nie. Ek het haar re­sep dus aan­ge­pas en woe­ma ge­gee deur spek by te voeg, as­ook ’n bie­tjie ris­sie­byt en ro­ke­ri­ge pa­pri­ka.”

LE­WER 24 MIE­LIE-VETKOEKIES Be­rei­ding: 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 20 mi­nu­te

500 ml (2 k) be­vro­re mie­lies 250 g rug­spek­vleis 500 ml (2 k) koek­meel 15 ml (1 e) bak­poei­er 45 ml (3 e) mie­lie­blom 10 ml (2 t) sui­ker 1 ml (¼ t) droë brand­ris­sie­vlok­kies 1 ml (¼ t) ge­rook­te pa­pri­ka 2 ml (½ t) sout 2 ei­ers 125 ml (½ k) melk son­ne­blom­o­lie vir braai es­do­ring­stroop vir voorsit 1 Ont­vries die mie­lies deur kook­wa­ter daar­oor te giet. Laat ’n mi­nuut of wat staan en d­rei­neer. 2 Sny die spek­vleis in baie klein blok­kies en braai tot bros­bruin. D­rei­neer op kom­buis­pa­pier en hou een­kant. 3 Plaas die meel, bak­poei­er, mie­lie­blom, sui­ker, brand­ris­sie­vlok­kies, pa­pri­ka en sout in ’n groot bak. Voeg die mie­lies en spek by. 4 K­lits die ei­ers en die melk. Voeg die ei­er­meng­sel by die meel­meng­sel en meng. 5 Drup groot le­pels be­slag in ma­ti­ge warm o­lie en braai so­wat 2 mi­nu­te per kant tot goud­bruin bui­te­om en gaar bin­ne. 6 Sit da­de­lik voor met es­do­ring­stroop vir ont­byt of laat­ont­byt, en jy het ’n Boe­re­va­ri­a­sie van A­me­ri­kaan­se ont­byt­pan­ne­koek.

VA­RI­A­SIE

Plaat­koe­kies Maak die be­slag meer lo­pe­rig deur ’n bie­tjie meer melk by te voeg en drup die be­slag op ’n warm kleef­vrye pan. Braai tot bla­sies op die op­per­vlak vorm, draai om en bak tot al­kant gaar.

Ge­blik­te mie­lies smaak goor in dié re­sep; ge­bruik be­vro­re mie­lies

LI­ZET

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.