Pap­tert

Ni­co­le Groome

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

Ni­co­le het van kleins af baie van kos maak ge­hou en al­tyd haar ma dop­ge­hou wan­neer sy in die kom­buis doe­nig was. “Ek en my sus­ter het toe al deur re­sep­te­boe­ke ge­blaai en aan­te­ke­nin­ge ge­maak van dit wat ons nog een­dag wou be­proef. Toe ek in A­me­ri­ka ge­werk het, was dié pap­tert ’n wen­ner by my vrien­de van ver­skil­len­de na­si­o­na­li­tei­te,” ver­tel Ni­co­le.

LE­WER 1 TERT OF 6-8 SKONS Be­rei­ding: 20 mi­nu­te Bak­tyd: 15-20 mi­nu­te

TAMATIESMOOR

1 ui, ge­kap 5 ml (1 t) vars, ge­kap­te knof­fel 1 groen soet­ris­sie, in klein blok­kies ge­sny 230 g sam­pi­oe­ne, fyn ge­kap skeut o­lyf­o­lie of klont ge­smel­te bot­ter 250 g ma­er spek­vleis, ge­kap 6 ryp ta­ma­ties, ge­ras­per 1 blik­kie (65 g) ta­ma­tie­pas­ta 1 bees­vleis­af­trek­sel­blok­kie hand vol vars ge­kap­te ba­si­lie­kruid en

I­ta­li­aan­se pie­ter­sie­lie sout en pe­per

MIELIEPAP

500 ml (2 k) sty­we mieliepap 1 blik (410 g) pit­mie­lies, ge­drei­neer 1 wiel fe­ta­kaas, ge­krum­mel klein klont­jie bot­ter

AF­RON­DING

ge­ras­per­de par­me­saan­kaas en -skaaf­sels kruie vir gar­ne­ring

Voor­ver­hit die oond tot 200 °C. Smeer ’n oond­vas­te bak of 6-8 klein los­boom­pan­ne­tjies.

1 Tamatiesmoor Roer­braai die ui, knof­fel, soet­ris­sie en sam­pi­oe­ne in die o­lyf­o­lie of ge­smel­te bot­ter tot sag. Voeg die spek­vleis by en braai tot gaar. Voeg die ge­ras­per­de ta­ma­ties, ta­ma­tie­pas­ta en af­trek­sel­blok­kie by en geur met die ba­si­lie en pie­ter­sie­lie. Geur met sout en pe­per. Voeg ’n bie­tjie wa­ter by in­dien no­dig en laat prut so­wat 10 mi­nu­te tot ’n geu­ri­ge sous vorm.

2 Pap Meng die mieliepap met die mie­lies en fe­ta­kaas. Voeg die klont­jie bot­ter by. 3 Af­ron­ding Skep ’n dun la­gie tamatiesmoor on­der­in die bak of pan­ne­tjies. Druk ’n la­gie pap bo-op vas. Her­haal die lae en ras­per uit­ein­de­lik die par­me­saan­kaas oor. Roos­ter tot die kaas ge­smelt het en sprin­kel die par­me­saan­kaas­skaaf­sels en kruie oor. Sit voor met wors of braai­vleis op ’n rug­by­dag!

CAR­MEN SÊ

Ni­co­le het my reg­tig uit­ge­boul met die smaak van dié pap­tert. Sy het dit ver­nu­we met baie vars be­stand­de­le. Dis nou iets lek­ker ge­sonds wat el­ke man sal wil eet!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.