Ou­ma Ka­tie se melk­kos

Cathy Jo­nas

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

(KORT­PAD, LEK­KER, VER­NU­WEND)

Cathy was 12 jaar oud toe haar ou­ma Ka­tie haar leer melk­kos maak het met melk vars van die koeie af en plaas­bot­ter. Dit pryk op Die­sel & Crè­me se spys­kaart.

GE­NOEG VIR 6-8 MEN­SE Be­rei­ding: 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 20-30 mi­nu­te

DROËVRUGTE

500 ml (2 k) ge­meng­de droëvrugte 1 ka­neel­stok­kie 1 heel na­el­tjie 1 rooi­bos­tee­sak­kie 2 ster­a­nys 125 ml (½ k) bruin­sui­ker

MELK­KOS

1,5 li­ter (6 k) vol­room­melk 1 stok­kie pyp­ka­neel 250 ml (1 k) sui­ker knip­pie sout 250 g bot­ter 500 ml (2 k) koek- of brood­meel 5 ml (1 t) va­niel­je­geur­sel

OM VOOR TE SIT

125 ml (½ k) sui­ker ge­meng met 5 ml (1 t) fyn

ka­neel skep­pie bot­ter per por­sie

1 Droëvrugte Plaas al die be­stand­de­le in ’n ka­strol en be­dek dit met wa­ter. 2 Laat so­wat 20 mi­nu­te oor lae hit­te prut tot die vrug­te sag is en die vloei­stof ’n stroop ge­vorm het. Ver­wy­der die tee­sak­kie. Skei die vrug­te en stroop en laat een­kant. 3 Melk­kos Ver­hit die melk goed saam met die pyp­ka­neel­stok­kie, sui­ker en sout. 4 Vryf in­tus­sen die bot­ter in die meel in tot geen bot­ter­klont­jies meer sig­baar is nie. 5 Ver­laag die hit­te on­der die melk­meng­sel. 6 Voeg die bot­ter-en-meel­meng­sel bie­tjie vir bie­tjie by die warm melk tot die meng­sel glan­send word. Ver­hit oor baie lae hit­te en roer so­wat 10 mi­nu­te goed. 7 Voeg laas­tens die va­niel­je­geur­sel by. 8 Om voor te sit Ver­wy­der die ka­neel­stok­kie uit die melk­kos. Skep in bak­kies en strooi die ka­neel­sui­ker oor. Voeg ’n klont­jie har­de bot­ter by in­dien ver­kies. Sit dit warm voor saam met die gestoofde vrug­te in ’n a­par­te bak­kie en die vrug­te­stroop in ’n be­ker­tjie. Drup van die stroop oor die melk­kos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.