Ker­rie­gar­naal­pas­ta

Ina Koe­ge­len­berg

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

(KORT­PAD, LEK­KER, GE­SOND)

“Dié re­sep het meer as ’n jaar by my ge­spook,” ver­tel Ina. “Ek het dit spe­si­aal oor en oor by ’n re­stau­rant be­stel om ag­ter te kom wat hul­le al­les daar­in sit. Ná ve­le pro­beer­slae het ek my eie re­sep ont­wik­kel waar­mee ek vrien­de en fa­mi­lie se har­te ge­wen het!”

GE­NOEG VIR 4 MEN­SE Be­rei­ding: 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 40 mi­nu­te

15 ml (1 e) bot­ter 30-40 be­vro­re uit­ge­dop­te steur­gar­na­le, ont

dooi en ge­drei­neer (sien raad) 17 ml (1 ruim e) knof­fel-en-gem­mer­pas­ta 1 ui, ge­kap o­lie 1 blik (400 g) tamatiesmoor 1 pak­kie (100 g) ma­sa­la-pas­ta 1 klein blik­kie (165 ml) klap­per­melk 125 ml (½ k) vars room 30 g vars kol­jan­der­bla­re, fyn ge­kap 125 g lin­gui­ne-pas­ta of Oos­ter­se noe­dels,

gaar­ge­maak sout en pe­per na smaak ek­stra ge­kap­te kol­jan­der­bla­re vir gar­ne­ring

1 Smelt die bot­ter en braai die steur­gar­na­le 2-3 mi­nu­te saam met die knof­fel-en­gem­mer­pas­ta tot goed warm en gaar. Hou een­kant. 2 Braai die ge­kap­te ui in ’n bie­tjie o­lie en wa­ter en laat 15 mi­nu­te sta­dig prut. 3 Voeg die tamatiesmoor en ma­sa­la-pas­ta by en roer nog 10 mi­nu­te oor lae hit­te. 4 Voeg die klap­per­melk en room by, roer en stel die plaat op sy laag­ste. Voeg die vars koljander by. Plaas die dek­sel op en laat die sous nog so­wat 10 mi­nu­te prut. 5 Voeg die steur­gar­na­le en pas­ta by en meng. Geur met die sout en pe­per en ver­hit tot warm. 6 Gar­neer met die ek­stra ge­kap­te kol­jan­der­bla­re en sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.