Kaasskons met spek­vleis-kon­fyt

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

Huis­ge­noot se Car­men Niehaus was baie be­ïn­druk met Ju­a­ni­ta se skons, ver­al om­dat hul­le so mooi oop­breek. Sy het min­der bot­ter ge­bruik so­dat dit nie so ryk is nie, en vou die deeg dub­bel om te sorg dat dit steeds per­fek breek.

KAASSKONS MET SPEK­VLEIS-KON­FYT

Die jo­gurt in hier­die skons help om die teks­tuur sag te hou, al kom daar min bot­ter by. Die bie­tjie bot­ter kan som­mer ge­smelt en by­ge­roer pleks van in­ge­vryf word. Ver­ou­der­de ched­dar­kaas sorg vir ek­stra geur. Spek­vleis-kon­fyt en ’n skep­pie room­kaas is heer­lik saam met die skons.

LE­WER 12 SKONS EN 375 ML (1½ K) KON­FYT Be­rei­ding: 10 mi­nu­te (skons) en 5 mi­nu­te (kon­fyt) Gaar­maak­tyd: 15-20 mi­nu­te (skons) en 30-40 mi­nu­te (kon­fyt)

SKONS

500 ml (2 k) koek­meel 15 ml (1 e) bak­poei­er groot knip­pie sout sprin­kel rooi­pe­per 250 ml (1 k) ver­ou­der­de ched­dar

of gruyè­re­kaas, ge­ras­per 15 ml (1 e) bot­ter, ge­smelt 125 ml (½ k) vol­room-jo­gurt 1 ei­er bie­tjie melk (op­si­o­neel)

SPEK­VLEIS-KON­FYT

250 g rug­spek­vleis, fyn ge­kap 1 ui, fyn ge­kap 4 knof­fel­hui­sies, fyn ge­kap 1-2 ml (¼-½ t) brand­ris­sie­vlok­kies 160-180 ml (²⁄³-¾ k) bruin­sui­ker 15 ml (1 e) kof­fie­kor­rels, in 125 ml (½ k)

kook­wa­ter op­ge­los 80 ml (¹⁄³ k) bal­se­mie­ke a­syn 125 ml (½ k) droë bos­bes­sies room­kaas vir voorsit (op­si­o­neel)

Voor­ver­hit die oond tot 200 °C. Smeer ’n bak­plaat. 1 Skons Sif die meel, bak­poei­er, sout en rooi- pe­per in ’n groot bak saam. Voeg die kaas by en meng deur. 2 K­lits die bot­ter, jo­gurt en ei­er saam. Giet by die meel­meng­sel en meng met ’n me­taal­mes tot die deeg net by­me­kaar­kom. Sprin­kel ’n bie­tjie melk oor as die deeg te droog is. 3 Druk die deeg lig­gies op ’n meel­be­strooi­de op­per­vlak tot so­wat 5 mm dik. 4 Vou een helf­te van die deeg oor so­dat die 2 lae op­me­kaar lê; dit sorg vir die na­tuur­li­ke breek­merk. 5 Druk weer ef­fens plat met die ag­ter­kant van jou hand. Druk die skons met ’n koe­kie­druk­ker of glas uit. 6 Pak op die bak­plaat en bak 10 mi­nu­te. Ver­laag die hit­te na 180 °C en bak nog 510 mi­nu­te of tot net gaar. 7 Spek­vleis-kon­fyt Braai die spek­vleis, ui en knof­fel tot die spek gaar is. 8 Voeg die ris­sie­vlok­kies, sui­ker, kof­fie, a­syn en bos­bes­sies by en laat kook. 9 Ver­laag die hit­te en laat die meng­sel prut tot ’n ste­wi­ge kon­fyt wat nie meer wa­te­rig is nie. 10 Sit die skons voor saam met die spek­vleis­kon­fyt en room­kaas in­dien ver­kies.

Met die dub­bel­vou­me­to­de breek jou skon prag­tig oop

CAR­MEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.