Hoen­der­le­wers met gre­mo­la­ta

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

Ver­kies jy hoen­der­le­wer bo skaap­le­wer en -nier­tjies? Net vir jou het Car­men Niehaus Ma­ri­ët­te T­heron se nos­tal­gie­se le­wer en nier­tjies om­skep in ’n hoen­der­le­wer­ge­reg met groen­pe­per-room­sous.

RO­ME­RI­GE HOEN­DER­LE­WERS MET GRE­MO­LA­TA

Die hoen­der­le­wers is in ’n om­me­sien­tjie gaar en is nooit taai nie. Vir die room­sous is room­kaas som­mer in­ge­span. Die ge­kap­te pie­ter­sie­lie en suur­le­moen­skil gee ’n lek­ker vars smaak.

GE­NOEG VIR 3-4 MEN­SE Be­rei­ding: 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 15 mi­nu­te

HOEN­DER­LE­WERS

500 g hoen­der­le­wers, skoon­ge­maak sout en pe­per o­lie bos­sie stin­gel­uie, ge­kap 15-30 ml (1-2 e) groen­pe­per­kor­rels 15-30 ml (1-2 e) heel­kor­rel­mos­terd 230 g ge­room­de maaskaas

GRE­MO­LA­TA

1-2 knof­fel­hui­sies, ge­kap groot hand vol pie­ter­sie­lie, ge­kap ge­ras­per­de s­kil en sap van 1 suur­le­moen

POLENTA

125 ml (½ k) polenta 500 ml (2 k) wa­ter sout 1 wiel fe­ta­kaas 60 g sam­pi­oe­ne, in sky­fies ge­sny

en ge­braai

1 Hoen­der­le­wers Geur die hoen­der­le­wers met die sout en pe­per. 2 Maak ’n pan goed warm, giet ’n klein bie­tjie o­lie in en braai die le­wers 5-7 mi­nu­te. 3 Die le­wers moet bruin van bui­te, maar steeds ef­fens pienk aan die bin­ne­kant wees. 4 Ver­laag die hit­te en roer die stin­gel­uie, groen­pe­per­kor­rels en mos­terd by. 5 Roer die room­kaas by en laat 5 mi­nu­te prut. Geur met nog sout en pe­per as no­dig. 6 Gre­mo­la­ta Meng al die be­stand­de­le saam. 7 Polenta Meng die polenta, wa­ter en sout saam in ’n ka­strol. Laat kook ter­wyl aan­hou­dend ge­roer word. Laat so­wat 15 mi­nu­te prut tot gaar. 8 Krum­mel die fe­ta­kaas en roer saam met die sam­pi­oe­ne by die polenta in. 9 Skep van die polenta op ’n bord en skep die ro­me­ri­ge hoen­der­le­wers oor. Sprin­kel die gre­mo­la­ta oor.

VA­RI­A­SIE Jy kan ook die hoen­der­le­wers gaar­maak en met ta­ma­tie­blat­jang (re­sep op die vo­ri­ge blad­sy) voorsit of pleks van op polenta saam met dun sky­fies roosterbrood voorsit.

Hier­die heer­li­ke en be­kos­tig­ba­re ge­reg is per­fek vir ’n be­si­ge week­aand

CAR­MEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.