Anys­bol­le­tjies

Il­se van der Mer­we

Huisgenoot Wenresepte - - IN­HOUD -

(VARS, LEK­KER, VER­NU­WEND)

Il­se se ma, Er­na Uys, het in die laat 1980’s dié be­skuit vir ’n tuis­ny­wer­heid op S­tel­len­bosch ge­bak. Wan­neer sy dit sog­gens af­ge­laai het, het die men­se al daar­voor tou­ge­staan. Dit is ook ’n veer­lig­te bri­o­che met ’n a­nys­smaak, maar word son­der mos of drui­we­sap ge­maak. Die re­sep is keer op keer aan­ge­pas tot dit net reg was.

LE­WER 36 BOL­LE­TJIES (3 GROOT PAN­NE VOL­GE­PAK MET 12 BOL­LE­TJIES ELK) Be­rei­ding: 60 mi­nu­te Staan­tyd: 1-4 uur Bak­tyd: 60 mi­nu­te

BOL­LE­TJIES

3 pak­kies (10 g elk) kits­gis 1¼ li­ter (5 k) lou­warm wa­ter 750 ml (3 k) sui­ker 2,5 kg koek­meel 15 ml (1 e) sout 2 pak­kies (35 g elk) heel a­nys­saad ½ blik (193 g) kon­dens­melk 250 g bot­ter, ge­smelt (dit moe­nie kook nie) 2 ei­ers, ge­klits ek­stra ge­smel­te bot­ter

STROOP

125 ml (½ k) sui­ker 125 ml (½ k) kook­wa­ter

1 Bol­le­tjies Meng die gis en 500 ml (2 k) van die lou­warm wa­ter met 10 ml (2 t) van die sui­ker in ’n groot meng­bak en laat dit 1015 mi­nu­te staan om goed skui­me­rig te word. 2 Roer die res van die sui­ker, die meel, sout en a­nys­saad saam in ’n groot meng­bak. 3 Voeg die kon­dens­melk, bot­ter, ei­ers en die res van die lou­warm wa­ter by en roer lig­gies. Voeg laas­tens die gis­wa­ter by en roer goed tot dit moei­lik word om die deeg te han­teer. 4 S­meer jou han­de met ’n bie­tjie ge­smel­te bot­ter so­dat die deeg nie vas­sit nie en knie die deeg min­stens 10 mi­nu­te tot ’n glad­de bal. 5 S­meer die bo­kant van die deeg met ge­smel­te bot­ter en maak dit met ’n groot plas­tiek­sak (’n skoon swart­sak werk goed) en ’n kom­bers toe. Laat dit op ’n warm plek tot dub­bel die vo­lu­me rys. Dit duur ge­woon­lik 1 tot 4 uur, af­han­gend van hoe warm dit is. 6 Voor­ver­hit die oond tot 170 °C. Spuit 3 pan­ne van 35 x 15 x 13 cm met kos­sproei of s­meer dit met bot­ter.

7 Maak die deeg oop en ver­deel dit in 3 ge­ly­ke de­le. Weeg dit op ’n skaal af in­dien moont­lik. Deel el­ke stuk in 12 bol­le­tjies. Moe­nie af­knie voor jy dit ver­deel nie. S­meer jou han­de vol bot­ter en vorm ron­de, glad­de bol­le­tjies: Vorm ’n sir­kel met jou duim en wys­vin­ger en druk bol­le­tjies deeg een vir een met jou an­der hand daar­deur. Rang­skik die bol­le­tjies in net­jie­se rye in die pan­ne. As hul­le styf pas, help dit dat hul­le boon­toe rys. 8 Bak 1 uur. Haal die pan­ne uit die oond, draai hul­le op die sy en keer die a­nys­bol­le­tjie­bro­de uit. Draai die bro­de da­de­lik reg­op en laat hul­le op ’n skoon, dik ge­vou­de hand­doek af­koel. (Die hand­doek moe­nie na ver­sag­mid­del ruik nie!) 9 Stroop Maak die stroop aan ter­wyl die bol­le­tjies bak: Voeg die sui­ker by die kook­wa­ter en roer tot die sui­ker op­ge­los het. Verf dit oor die warm anys­bol­le­tjies. Laat ef­fens af­koel voor jy dit sny en met ’n smeer­sel bot­ter voor­sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.