Veer­lig­te skons

Ju­a­ni­ta Loub­ser

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

(KORT­PAD, VARS EN BE­KOS­TIG­BAAR, LEK­KER)

“Jy kan hier­die skons se ‘ve­re’ bin­ne soos boe­kies blaai,” sê Ju­a­ni­ta trots. “Die groot ge­heim is bot­ter, room, melk en ei­ers. Moe­nie sui­ker by­voeg nie, ver­al nie as jy dit met kon­fyt gaan voorsit nie – dis te soet en maak dit ook dig pleks van lig.”

LE­WER 12 SKONS Be­rei­ding: 20-25 mi­nu­te Bak­tyd: 40 mi­nu­te

1 kg bruis­meel knip­pie sout 250 g koue bot­ter, ge­ras­per 250 ml (1 k) koue melk 125 ml (½ k) room 4 ei­ers

Voor­ver­hit die oond tot 230 °C. Smeer ’n bak­plaat.

1 Sif die bruis­meel en sout saam. 2 Vryf die bot­ter goed in met jou vin­ger­pun­te. 3 K­lits die melk, room en ei­ers saam. Voeg dit sta­dig by die meel­meng­sel en werk met ’n mes in.

4 As die deeg by­me­kaar be­gin kom, keer dit uit op ’n werk­op­per­vlak en druk lig­gies by­me­kaar, maar moet dit nooit vas­druk nie. (Jy sal nooit ál die meel in­werk nie en soms bly daar ook van die melk­meng­sel oor om­dat ei­ers ver­skil en die vog in die meel en lug ook ’n in­vloed kan hê. ) 5 Vorm nou son­der om dit uit te rol, ’n ge­lyk stuk deeg van so­wat 1,5 cm hoog. 6 Druk die skons met ’n ron­de koe­kie­druk­ker uit. Druk af – moet nooit druk en draai nie, want dan rys die skons nie op­waarts soos jy dit vir die VLV- of ’n skou­kom­pe­ti­sie wil hê nie. 7 Pak die skons taam­lik na aan me­kaar op ’n bak­plaat. ’n Bot­ter­brood­jie rys op en nie kan­te toe nie, en hoe na­der aan me­kaar hoe meer vog bly be­houe. 8 Bak die skons 8-10 mi­nu­te. Ver­laag die tem­pe­ra­tuur na 180 °C en bak nog 30 mi­nu­te tot goud­bruin. Die nu­we waai­er­oon­de is koe­ler, daar­om moet jy maar jou oond ken en as jy weet dis ’n wam ka­lant, moet jy die twee­de bak­tyd laag hou. Die skons moet bin­ne uit­bak en nie de­ge­rig wees nie. 9 Ver­wy­der uit die oond, laat 20 mi­nu­te af­koel en sit voor saam met room en kon­fyt of kaas.

My kook­ge­heim: ken jou oond se tem­pe­ra­tuur

JU­A­NI­TA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.