Ka­roo-oes­ters

Ma­ri­ët­te T­heron

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

(VARS, VER­NU­WEND, GE­SOND)

“My ou­ma, Wil­le­mie­na Ka­te­rie­na Mag­da­le­na de Lan­ge al­om be­kend as Wik de Lan­ge, woon op Calvinia. Sy is 85 jaar oud en het tot on­langs nog al­leen ge­boer,” ver­tel Ma­ri­ët­te. “Ek kan ont­hou hoe ons van kleins af met skool­va­kan­sies gaan kui­er het en heer­li­ke guns­te­lin­ge saam met ou­ma in die kom­buis be­rei het, soos hier­die le­wer en nier­tjies in soet­suur­sous. Ek noem dit Ka­roo­oes­ters, want dis die deel van die lam wat ewe lek­ker as die duur­ste bees­fi­let be­rei en voor­ge­sit kan word.”

GE­NOEG VIR 4 MEN­SE Be­rei­ding: 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 20 mi­nu­te

SOET­SUUR­SOUS

25 ml (5 t) mie­lie­blom 30-45 ml (2-3 e) bruin­a­syn 15 ml (1 e) sui­ker 250 ml (1 k) kook­wa­ter

LE­WER EN NIER­TJIES

1 groot ui, grof ge­kap 125 g kno­pie­sam­pi­oe­ne, in sky­fies ge­sny 100 g spek­vleis, ge­snip­per o­lie en 50 g bot­ter vir vlak­braai 4 lam­snier­tjies, skoon­ge­maak en ge­hal­veer

(lees die raad hier­bo) 1 lams­le­wer, skoon­ge­maak en in re­pe ge­sny

(lees die raad hier­bo) 30 ml (2 e) blat­jang (op­si­o­neel) sout en swart­pe­per na smaak ka­pok­aar­tap­pels en ta­ma­tie­blat­jang (re­sep

regs) vir voorsit

1 Soet­suur­sous Meng die mie­lie­blom en a­syn tot glad. Voeg die sui­ker by. Voeg die mie­lie­blom­meng­sel by die kook­wa­ter en meng goed. 2 Le­wer en nier­tjies Braai die ui, sam­pi­oe­ne en spek­vleis in die o­lie en bot­ter tot bruin. Voeg die nier­tjies by en braai bruin. 3 Voeg die le­wer by en braai nog ’n ruk­kie – hoog­stens 4 mi­nu­te. 4 Voeg die soet­suur­sous by en roer­braai tot die sous ef­fens ver­dik. Roer aan­hou­dend. Die nier­tjies moet al­te­saam nie lan­ger as 10 mi­nu­te braai nie. Die lams­le­wer word baie vin­ni­ger gaar en moet nog ferm wees. 5 Voeg die blat­jang by in­dien ver­kies en ver­wy­der van die hit­te. Geur met die sout en pe­per. 6 Sit die ge­reg voor op ka­pok­aar­tap­pels en saam met ta­ma­tie­blat­jang (re­sep on­der).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.