Kit­skof­fie-bruin­tjies

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

Die mak­li­ke en goed­koop sjo­ko­la­de­koek­re­sep van Han­li leen hom tot die maak van bruin­tjies. Vir ’n heer­li­ke geur het Huis­ge­noot se Car­men Niehaus kof­fie by­ge­voeg. Nog ’n va­ri­a­sie is om ’n hand vol ge­kap­te, vars aar­beie by die be­slag in te meng. As jy ’n soe­ter bruin­tjie ver­kies, kan jy die don­ker­sjo­ko­la­de met melk­sjo­ko­la­de ver­vang en min­der ka­kao ge­bruik. Jy kan selfs ’n la­e­kool­hi­draat-weer­ga­we maak (kyk regs on­der).

KITSKOFFIEBRUINTJIES

Car­men het die oor­spronk­li­ke re­sep ge­hal­veer, die wa­ter met sterk kof­fie ver­vang en don­ker­sjo­ko­la­de en neu­te by­ge­voeg. “Nie net kan jy dié be­slag bin­ne mi­nu­te aan­maak nie, dis bin­ne om­trent ’n kwar­tier klaar ge­bak. Die bruin­tjies se don­ker­sjo­ko­la­de-smaak saam met die kof­fie­geur is he­mels!” sê sy.

LE­WER SO­WAT 24 BRUIN­TJIES Be­rei­ding: 10 mi­nu­te Bak­tyd: 12-15 mi­nu­te

250 ml (1 k) koek­meel 10 ml (2 t) bak­poei­er 3 ml ( ruim ½ t) koek­so­da 45-60 ml (3-4 e) ka­kao sout 125 ml (½ k) fyn ge­maak­te klap­per 80 ml (¹⁄₃ k) sui­ker 250 ml (1 k) sterk kof­fie, aan­ge­maak met

30 ml (2 e) es­pres­so-kof­fie­kor­rels 125 ml (½ k) o­lie 5 ml (1 t) va­niel­je­geur­sel 30 ml (2 e) bruin­a­syn 100 g don­ker­sjo­ko­la­de, ge­kap 100 g ge­kap­te pe­kan­neu­te

Voor­ver­hit die oond tot 190 °C. Smeer ’n koek­pan van 20 x 20 cm en voer dit uit met bak­pa­pier. 1 Sif die meel, bak­poei­er, koek­so­da, ka­kao en sout saam. Voeg die klap­per en sui­ker by. 2 Meng die kof­fie, o­lie, geur­sel en a­syn, voeg dit by die droë be­stand­de­le en roer met ’n vurk tot goed ge­meng. 3 Roer die sjo­ko­la­de en pe­kan­neu­te in. 4 Giet dit in ’n koek­pan en bak 12-15 mi­nu­te of tot net gaar en steeds klam. S­tuif met ka­kao. Sit voor met room­ys in­dien ver­kies.

Variasies

Kol­wyn­tjies Skep die be­slag in pa­pier­bak­kies in muf­fin­hol­tes en bak so­wat 15 mi­nu­te. Toets met ’n toets­pen wan­neer dit gaar is. Ver­sier met sjo­ko­la­de-bot­ter­ver­sier­sel of ganache (re­sep op bl. 22).

Ek ge­niet graag ’n goeie bruin­tjie saam met kof­fie om ’n maal­tyd af te sluit

CAR­MEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.