Ag­ter die skerms

In die kom­buis van Jy Het ’n Wen­re­sep is daar hard ge­wer­skaf en met oor­ga­we ge­kook, maar ook heer­lik ge­lag

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

NIE NET ’N GOEIE KOK NIE

REGS: Car­men spring in met ’n bie­tjie poei­er vir Ju­a­ni­ta Loub­ser.

GRAP­PIES IN ’N KOP­PIE

LINKS: Cathy Jo­nas het al­mal om­trent laat glim­lag met haar pit­ti­ge sê­goed. En sy sê die links­han­di­ge Car­men lyk maar taam­lik on­han­dig wan­neer sy met die kos­ma­ke­ry wil hand by­sit!

Dié e­pi­so­de is tot 22:30 ver­film en die wen­ner, Ru­dolph S­hep­herd, moes daar­die aand ná al die op­win­ding nog V­re­den­burg toe ry.

UIT­EIN­DE­LIK ’N BLAAS­KANS

BO: Op stel ge­beur din­ge vin­nig. Car­men en die sti­lis A­nel Pot­gie­ter skep ’n bie­tjie a­sem na­dat al die kos­ma­ke­ry ag­ter die rug is.

VER­RAS­SING!

ON­DER: O, die blye ver­ba­sing! I­sa­bel­la Niehaus was die deel­ne­mer met die min­ste ster­re in die fi­na­le ron­de van dié e­pi­so­de en het glad nie ver­wag dat sy as wen­ner aan­ge­wys sou word nie.

SO MAAK MENS

REGS: An­ne­lien Pie­naar wys vir Car­men hoe om ro­ti’s met ’n cha­pa­ti-s­tok te rol. Heel regs is Da­leen van S­chalk­wyk en Su­ma­ra van Eys­sen.

KOELTJIES EN KALMPIES

ON­DER: Ma­rie­tjie Jan­sen van Rens­burg, sa­ke­vrou en stu­dent, sit laat­mid­dag ná haar kos­maak­ses­sie rus­tig in die tuin, al moes sy die vol­gen­de dag ek­sa­men skryf.

DAAI ROOI BOEK

BO: An­toi­net­te S­pan­gen­berg laat waai ag­ter die pot­te ter­wyl Car­men aan­te­ke­nin­ge in haar rooi boek maak.

OP ’N HOË NOOT

ON­DER: Daar was geen uit­kom­kans vir die san­ge­res Ma­bet van Wyk nie. Tus­sen die ko­ke­ry deur moes sy haar prag­ti­ge stem laat hoor.

PLA DIE SE­NU­WEES DALK?

LINKS: A­ni­ta van Rens­burg en Cin­dy Jou­bert gig­gel lek­ker ty­dens die proe­ses­sie.

AAA, DIS BE­TER

HEEL LINKS: Car­men het haar skoe­ne uit­ge­skop om ge­mak­li­ker voor die ka­me­ra te kan loop. Ag­ter die lens is Ti­aan Tal­jaard.

KUL DIE KRAGKRISIS

ON­DER: Die ver­fil­ming­tyd vir die fi­na­le e­pi­so­de was ui­ters be­perk, want daar­die aand sou daar ’n groot ge­sel­lig­heid wees by Spier, waar die reeks ver­film is. En so­waar, toe gaan die krag boon­op af. Die proe­ses­sies moes nood­ge­dwon­ge op die stoep ge­skied waar die lig be­ter as bin­ne was. Car­men en Il­se Mos­tert ge­sels oor haar ge­reg ter­wyl die an­der twee deel­ne­mers, Elai­ne S­teyn en A­ni­da van der S­puy, toe­kyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.