Blou­kaas-hoen­der­ge­bak

A­ni­da van der S­puy

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

A­ni­da het hier­die ver­spot mak­li­ke re­sep so­wat 20 jaar ge­le­de by haar vrien­din, Rou­vé Hattingh, ge­kry wat dit weer by ’n an­der vrien­din, Doro­thy Watson, ge­kry het. So is die re­sep van vrien­din tot vrien­din aan­ge­gee en is dit al vir baie ge­sin­ne en vrien­de voor­ge­sit.

GE­NOEG VIR 4 MEN­SE Be­rei­ding: 10 mi­nu­te Bak­tyd: 30-35 mi­nu­te

4 hoen­der­bors­fi­let­te sout en pe­per 2 ei­ers, ge­klits so­wat 200 ml tuis­ge­maak­te droë bruin­brood

krum­mels 125 ml (½ k) na­tuur­li­ke la­e­vetjo­gurt 125 ml (½ k) room 80 g blou­kaas Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oond­bak of spuit met kos­sproei. 1 Plaas die fi­let­te langs me­kaar op ’n vel kleef­plas­tiek en plaas nog ’n vel kleef­plas­tiek bo-oor. Kap die fi­let­te plat­ter met ’n koek­rol­ler of die on­der­kant van jou hand­palm. Ver­wy­der die kleef­plas­tiek en geur die hoen­der al­kant met die sout en pe­per. 2 Doop die hoen­der­bor­sies in die ei­er en rol dan in die brood­krum­mels. Pak in die voor­be­rei­de bak. 3 Meng die jo­gurt en room saam en giet oor die hoen­der. Maak ge­lyk. 4 Ras­per die blou­kaas oor, be­dek met tin­foe­lie en bak 20-25 mi­nu­te. Ver­wy­der die foe­lie en bak nog 10 mi­nu­te tot goud­bruin bo-op, maar nie droog nie. 5 Sit voor met ’n slaai van vars ge­meng­de slaai­bla­re en rooi-uie.

CAR­MEN SÊ

Die ge­reg is werk­lik blit­sig: niks hoef voor­af ge­braai of gaar­ge­maak te word nie en jy kan dit bin­ne mi­nu­te in die oond sit. A­ni­da het die oor­spronk­li­ke re­sep, wat met room en kaas ge­maak is, ver­nu­wend aan­ge­pas deur jo­gurt en blou­kaas te ge­bruik. Die ge­bruik van hoen­der­bor­sies son­der vel saam met la­e­vetjo­gurt maak dit ge­son­der en die feit dat sy die krum­mels van ou bruin­brood ge­maak het, maak dit e­ko­no­mies. Die lek­ker vars bla­re­slaai daar­by was ook ver­fris­send. Die blou­kaas is glad nie oor­don­de­rend nie en dis ’n heer­li­ke oond­ge­bak­te hoen­der­ge­reg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.