Ge­roos­ter­de blom­kool­slaai

Hein van Ton­der

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

Se­dert Hein se kui­er in Li­ba­non pro­beer hy al­le­daag­se kos ’n Mid­de-Oos­ter­se geur gee.

GE­NOEG VIR 4 MEN­SE Be­rei­ding: 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 30 mi­nu­te

SLAAI

1 kop blomkool, in blom­me ge­breek en dan in dik sky­we ge­sny 2 heel knof­fel­hui­sies, met die s­kil aan 15 ml (1 e) Ba­ha­rat-spe­se­ry­meng­sel (re­sep on­der) 2 ml (½ t) droë brand­ris­sies o­lyf­o­lie 80 g vars of be­vro­re ert­jies 80 g groen­bo­ne 150 g hoen­der­spek­vleis, in klein stuk­kies ge­sny

SLAAISOUS

75 ml (5 e) o­lyf­o­lie 30 ml (2 e) suur­le­moen­sap hand vol vars ge­kap­te pie­ter­sie­lie ½ klein ui, ge­skil sout en pe­per na smaak

AF­RON­DING

100 g ba­bas­pi­na­sie, ge­was en droog­ge­druk 1 klein rooi-ui, in dun sky­fies ge­sny 100 g fe­ta­kaas, in blok­kies ge­sny

Voor­ver­hit die oond tot 200 °C.

1 Slaai Pak die blom­kool­sky­we in ’n en­kel­laag op ’n bak­plaat. Voeg die knof­fel­hui­sies by.

2 Sprin­kel of sif die spe­se­ry­meng­sel en die brand­ris­sie oor en be­druip met die o­lyf­o­lie. Oond­roos­ter so­wat 30 mi­nu­te tot bros. Ver­wy­der uit die oond. 3 Stoom in­tus­sen die ert­jies en groen­bo­ne tot net gaar maar nog bros (of kook 2 mi­ nu­te). Ver­fris in ys­wa­ter en d­rei­neer.

4 Braai die spek­vleis tot bros en hou een­kant.

5 Slaaisous Plaas al die be­stand­de­le in ’n klein voed­sel­ver­wer­ker. Druk die knof­fel­pu­ree uit die skil­le­tjie en voeg by. B­lits tot goed ge­meng en fyn. Voeg nog o­lyf­o­lie of suur­le­moen­sap by in­dien no­dig. 6 Af­ron­ding Pak die spi­na­sie­bla­re op ’n slaai­bord en rang­skik die blomkool, ui, ert­jies en boon­tjies bo­op. Sprin­kel die fe­ta en spek oor die slaai en drup die slaaisous oor.

CAR­MEN SÊ

Die blomkool word blit­sig in die oond gaar. Blomkool is tans hoog­mo­de en hy het dit ver­nu­we deur ’n Mid­de­Oos­ter­se spe­se­ry­meng­sel oor te sprin­kel, maar jy kan e­ni­ge an­der spe­se­ry­meng­sel ge­bruik. Baie vars groen­te is in­ge­span. Die hoen­der­spek be­vat min vet en die slaaisous word met baie kruie en min o­lie ge­maak, wat dit ge­son­der maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.