Lams­rak met rooi­wyn-suur­vy­sous

Me­la­nie Al­ber­tyn

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

Me­la­nie-hul­le het heer­li­ke lams­vleis en sy hou daar­van om met plaas­li­ke be­stand­de­le te kook. Daar­om het sy ’n rooi­wyn­sous ge­maak waar­by sy suur­vy­tjie­kon­fyt voeg, ge­maak met suur­vy­tjies wat hul­le by hul strand­huis op Brand­fon­tein na­by S­truis­baai pluk.

GE­NOEG VIR 6 MEN­SE Be­rei­ding: 15 mi­nu­te Ma­ri­neer­tyd: 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 20 mi­nu­te

SOUS

500 ml (2 k) rooi­wyn 250 ml (1 k) bal­se­mie­ke a­syn 1 lams­af­trek­sel­blok­kie sout en pe­per na smaak 125 ml (½ k) suur­vy­tjie­kon­fyt of vy­e­kon­fyt

VLEIS

bal­se­mie­ke a­syn na smaak 4 lams­rak­ke, 4 been­tjies elk sout en pe­per na smaak 15 ml (1 e) bot­ter 15 ml (1 e) ka­no­la-o­lie vars roos­ma­ryn en tie­mie

SPI­NA­SIE­SLAAI

½ rooi-ui, baie dun ge­sny 100 g da­dels, ge­kap 15 ml (1 e) rooi­wyn­a­syn 15 ml (1 e) o­lyf­o­lie sout knip­pie bruin­sui­ker 1 pak ba­bas­pi­na­sie­bla­re 75 g a­man­dels, ge­roos­ter gra­naat­pit­te

Voor­ver­hit die oond tot 220 °C.

1 Sous Plaas die rooi­wyn, bal­se­mie­ke a­syn en af­trek­sel­blok­kie in ’n ka­strol­le­tjie, geur met die sout en pe­per en kook tot die sous met die helf­te ver­min­der het. Roer die suur­vy­tjie- of vy­e­kon­fyt by en kook af tot die sous ef­fens ver­dik.

2 Vleis S­prin­kel ’n bie­tjie bal­se­mie­ke a­syn oor die vleis en geur met die sout en pe­per.

3 Ver­hit ’n rif­fel­pan, smelt die bot­ter en o­lie en braai die lams­rak­ke met die vet­kant na on­der tot die vet uit­ge­braai het. Braai die vleis­kan­te vin­nig bruin. S­prin­kel die roos­ma­ryn en tie­mie bo-oor. Bak 15-20 mi­nu­te in die oond tot net gaar, maar steeds ef­fens pienk van bin­ne. Hou warm.

4 Slaai Ma­ri­neer die ui en da­dels 20 mi­nu­te in die a­syn en o­lyf­o­lie. Geur met die sout en bruin­sui­ker. 5 Pak die bla­re op ’n slaai­bord, skep die da­del­meng­sel op en s­prin­kel die a­man­dels en gra­naat­pit­te oor. 6 Giet ’n bie­tjie van die sous oor el­ke lams­rak en sit voor saam met die slaai.

CAR­MEN SÊ

Dit verg min moei­te om die ge­reg te be­rei, die sou­sie kook op sy eie en na­dat die tjop­pies vin­nig op die rif­fel­pan skrik­ge­maak is, word dit ver­der in die oond gaar. Die slaai is net so mak­lik om te maak. P­leks van tjop­pies een-een te ge­bruik, het Me­la­nie ver­nu­wend ge­dink en ’n lams­rak be­rei wat sy ’n mo­der­ne kin­kel ge­gee het met plaas­li­ke suur­vy­tjie­sous. Die slaai daar­by is vars, ver­fris­send en ge­sond. Sy het ook die lam­s­tjops se vet­jie eers goed op ’n rif­fel­pan uit­ge­braai wat dit ge­son­der maak, al het sy ’n bie­tjie o­lie en bot­ter ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.