Sjo­ko­la­de-ha­wer­mout- drops

Natasha Mars­hall

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

Natasha het haar eer­ste kook­boek, Klein Kook en Ge­niet, op ne­ge jaar oud ge­koop met geld wat sy ge­wen het. Dié boek wou sy bit­ter graag hê, want ’n re­sep vir haar tan­nie Ve­ra se ge­lief­de sjokoladekoekies was daar­in, maar sy kon die koekies om die dood nie pre­sies soos haar tan­nie s’n reg­kry nie. Op 16 het haar tan­nie vir haar die vol­le­di­ge re­sep met al sy ge­hei­me as ’n ver­jaar­dag­pre­sent ge­gee en haar ook ge­leer hoe om dit te maak.

LE­WER SO­WAT 40 KOEKIES Be­rei­ding: 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 15-20 mi­nu­te

250 g bot­ter 625-750 ml (2½-3 k) klap­per­sui­ker OF

3-4 x 250 ml (3-4 k) geel- of wit­sui­ker 250 ml (1 k) ka­kao 250 ml (1 k) melk 5 ml (1 t) va­niel­je­geur­sel 6 x 250 ml (6 k) ge­rol­de ha­wer­mout 500 ml (2 k) klap­per Plaas was­pa­pier op ’n bak­plaat of ge­bruik ’n sil­pat (kleef­vrye bak­mat­jie). 1 Ver­hit die bot­ter, sui­ker, ka­kao en melk saam in ’n diep ka­strol oor ma­ti­ge hit­te so­dat die bot­ter en sui­ker sta­dig kan smelt. Roer tot dit kook. 2 Ver­laag die hit­te en laat die meng­sel 10-12 mi­nu­te sta­dig prut tot ’n dik stroop vorm. Dit moet dik word as jy dit teen die kan­te smeer. 3 Ver­wy­der die ka­strol van die hit­te en voeg die va­niel­je­geur­sel by. Die meng­sel sal ef­fens op­bor­rel. Voeg da­de­lik die ha­wer­mout en klap­per by en roer deeg­lik deur. 4 Skep da­de­lik groot tee­le­pels vol van die meng­sel op die was­pa­pier – die ho­pies moe­nie plat­ge­druk word nie. Laat af­koel tot styf. Bê­re in ’n lug­dig­te hou­er. So sal die koekies tot 4 we­ke vars bly.

VA­RI­A­SIE Die sous kan deel uit­maak van ’n lek­ker hap­pie as jy vars aar­beie daar­in druk. Of pas dit aan tot ’n heer­li­ke sous vir room­ys, sjo­ko­la­de­koek of poe­ding – hal­veer net die bot­ter en ver­min­der die kook­tyd tot so­wat 5 mi­nu­te.

CAR­MEN SÊ

Natasha se sjokoladekoekies is ’n toon­beeld van heer­li­ke een­voud en kan bin­ne mi­nu­te aan­me­kaar­ge­slaan word met be­stand­de­le wat mak­lik be­kom­baar is. Die koekies is te­ke­nend van he­den­daag­se ten­den­se: dis ko­ring­vry en be­vat som­mer baie ge­rol­de ha­wer­mout wat dit ge­son­der maak. Sy het ver­nu­wend ge­dink om­dat klap­per­sui­ker pleks van wit­sui­ker ge­bruik kan word. Die re­sep se sous is ook veel­sy­dig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.