Mi­ni-Jan El­lis-poe­din­kies met pi­no­ta­ge-sous en crè­me an­glai­se

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

Jan El­lis­poe­ding is soort­ge­lyk aan ge­bak­te mal­va­poe­ding. Dis lek­ker, maar on­ge­luk­kig net so lek­ker on­ge­sond!

MI­NI-JAN ELLISPOEDINKIES MET PI­NO­TA­GE-SOUS EN CRÈ­ME AN­GLAI­SE

Ma­ryna het dié fa­mi­lie­re­sep skop ge­gee met ’n ti­pies Suid-A­fri­kaan­se li­keur, A­ma­ru­la, sê Huis­ge­noot se Car­men Niehaus. “Ek hou van die Suid-A­fri­kaan­se kin­kel, maar het in my re­sep pi­no­ta­ge ge­bruik en die sous ook heel­wat min­der ryk en soet ge­maak.”

LE­WER SO­WAT 4 POE­DIN­KIES Be­rei­ding: 15 mi­nu­te Bak­tyd: 20-30 mi­nu­te

POE­DING

5 ml (1 t) koek­so­da 125 ml (½ k) kar­ring­melk of melk 375 ml (1 ½ k) bruis­meel 125 ml (½ k) wit­sui­ker 2 ei­ers 30 ml (2 e) fyn ap­pel­koos­kon­fyt 25 ml (5 t) baie sag­te bot­ter 3 ml (ruim ½ t) sout

SOUS

100 ml pi­no­ta­ge 60 ml (¼ k) kook­wa­ter 200 ml vol­room­melk 100 ml sui­ker 60 g bot­ter 2 ml (½ t) va­niel­je­geur­sel

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Smeer 4-6 klein oond­vas­te bak­kies. 1 Poe­ding Meng die koek­so­da en die kar­ring­melk. 2 Meng die bruis­meel, wit­sui­ker, ei­ers, kon­fyt, bot­ter en sout.

3 Roer die kar­ring­melk­meng­sel by die bruis­meel­meng­sel. 4 Skep die be­slag in die oond­vas­te bak­kies en bak 20-30 mi­nu­te of tot ’n toets­pen skoon uit­kom. 5 Sous Plaas die pi­no­ta­ge, kook­wa­ter, vol­room­melk, sui­ker en bot­ter in ’n ka­strol­le­tjie en laat 5 mi­nu­te kook. Voeg die va­niel­je­geur­sel by. 6 Prik gaat­jies in die warm poe­din­kies en giet van die sous oor. Laat in­trek en giet nog sous oor tot al die sous op­ge­bruik is. Sit voor saam met crè­me an­glai­se (re­sep on­der).

Tuis­ge­maak­te vla met ei­ers ge­maak smaak he­mels by dié poe­ding

CAR­MEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.