Ou­ma Mat­ty se Ka­roo-lam­s­tjop­pies

Col­lin du P­les­sis

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

(VARS, LEK­KER, VER­NU­WEND, GE­SOND)

Col­lin het by sy ou­ma, Mat­ty, en ma, Sal­ly, leer kook. Sy ou­ma was die een wat hom ge­leer het hoe om die klier uit ’n skaap­boud te ver­wy­der en om al­tyd ’n knip­pie sui­ker by groen­bo­ne te voeg. Dié lam­s­tjops word met ment-en-ert­jie-ka­pok­aar­tap­pels voor­ge­sit.

GE­NOEG VIR 4 MEN­SE Be­rei­ding: 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 20 mi­nu­te

TJOPS

bot­ter 4 lam­s­tjop­pies 10 ml (2 t) swar­to­lyf-ta­pe­na­de 30 ml (2 e) ge­ras­per­de par­me­saan­kaas 30 ml (2 e) bal­se­mie­ke re­duk­sie 15 ml (1 e) braai­spe­se­rye sout en pe­per na smaak

AAR­TAP­PELS

2 groot aar­tap­pels sout 30 ml (2 e) bot­ter wit­pe­per na smaak 125 ml (½ k) warm melk 4 blaar­tjies vars ment, fyn ge­snip­per 2 ml (½ t) bak­poei­er 125 ml (½ k) be­vro­re ert­jies, sag ge­kook

Voor­ver­hit die oond tot 230 °C.

1 Tjops Ver­hit ’n swart ys­ter-rif­fel­pan tot roo­kwarm, plaas ’n klont­jie bot­ter daar­in en braai die lam­s­tjop­pies eers op die vet­kant en dan al­kant tot bruin bui­te­om, maar nog goed pienk van bin­ne.

2 Smeer van die o­lyf­ta­pe­na­de oor elk­een en sprin­kel die par­me­saan­kaas op el­ke t­jop. 3 Plaas die tjops te­rug in die pan en laat dit 5-8 mi­nu­te ver­der in die oond gaar word. Dit moet steeds ef­fens pienk aan die bin­ne­kant wees. 4 Giet die bal­se­mie­ke re­duk­sie in ’n klein pan­ne­tjie, voeg die braai­spe­se­rye en sout en pe­per na smaak by en ver­hit. Hou een­kant.

5 Aar­tap­pels S­kil die aar­tap­pels en sny in blok­kies. Voeg 750 ml (3 k) wa­ter en die sout by en kook tot sag en die wa­ter ver­damp het. 6 Voeg nou die bot­ter, wit­pe­per, warm melk, ge­snip­per­de ment­blaar­tjies en bak­poei­er by en druk fyn. Druk die ert­jies ef­fens fyn en roer dit by die ka­pok­aar­tap­pels in. 7 Sit die tjops saam met die ert­jie-ka­pok­aar­tap­pels voor en drup die ver­hit­te bal­se­mie­ke re­duk­sie oor die tjops.

El­ke kom­buis moet sout, pe­per en reg­te bot­ter hê

COL­LIN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.