Rooi­len­sie-wor­tel-en-spek­sop

Su­ma­ra van Eys­sen

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

(KORT­PAD, VARS, LEK­KER, GE­SOND)

Su­ma­ra se ge­sin is gek oor sop in die win­ter, maar saans ná werk is daar nie veel tyd om dit te maak nie – ten­sy jy dié re­sep kies. Dis bin­ne ’n uur eet­ge­reed en jy kan dit ook mak­lik ver­dub­bel en die oor­skiet in bak­kies v­ries. Su­ma­ra het die oor­spronk­li­ke re­sep drie keer aan­ge­pas om dit per­fek in haar ge­sin se smaak te laat val.

GE­NOEG VIR 4 MEN­SE Be­rei­ding: 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 40 mi­nu­te

15 ml (1 e) o­lie 1 groot ui, fyn ge­kap 2 knof­fel­hui­sies, fyn ge­kap of ge­ras­per 250 g spek­vleis, ge­kap 7 ml (1½ t) ma­ti­ge ker­rie­poei­er 375 ml (1½ k) rooi­len­sies 500 g wor­tels, ge­skil en in 1 cm-stuk­kies

ge­sny ½ pak­kie (25 g) bruinui­e­sop­poei­er 500 ml (2 k) koue wa­ter 1 li­ter (4 k) kook­wa­ter

1 Ver­hit die o­lie en braai die ui en knof­fel tot glan­send. Voeg die spek­vleis by en braai tot gaar. 2 Voeg die ker­rie­poei­er by en roer deur. Voeg die len­sies en wor­tels by en braai dit 2 mi­nu­te. 3 Meng die ui­e­sop en koue wa­ter en voeg dit by die len­sie-en-wor­tel-meng­sel. Giet die kook­wa­ter oor. Bring tot kook­punt ter­wyl dit ge­roer word. Ver­laag die hit­te en laat so­wat 30 mi­nu­te prut. 4 Ver­wy­der die sop van die stoof­plaat en maak fyn met ’n staaf­men­ger. Sit voor met roosterbrood.

Maak dié sop bin­ne ’n uur as jy be­sluit die tyd vir sop is nóú

SU­MA­RA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.