Pa­tat-spe­se­ry­tert met ’n klap­per-en-neut­kors

PA­TAT-SPE­SE­RY­TERT MET ’N KLAP­PER-EN-NEUT­KORS

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

Huis­ge­noot se Car­men het die gem­mer­koe­kie­kors van Il­se Mos­tert se tert ver­vang met ’n klap­per­kors. S­tyf­ge­klits­te ei­er­wit hou die vulsel lig. Die a­man­dels sorg vir bros­heid en ek­stra soet.

LE­WER 1 GROOT TERT Be­rei­ding: 20 mi­nu­te Ver­koel­tyd: 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 40 mi­nu­te

KLAP­PER­KORS

500 ml (2 k) droë klap­per 60 ml (4 e) ge­kap­te ok­ker- of pe­kan­neu­te 45-60 ml (3-4 e) sui­ker 80 ml (¹⁄₃ k) ge­smel­te bot­ter ei­er­wit van 1 ge­skei­de ei­er (be­hou die geel)

VULSEL

750 g ge­skil­de pa­tat­blok­kies 180 ml (¾ k) vol­room­melk

3 chai-rooi­bos­tee­sak­kies knip­pie sout 80-125 ml (¹⁄₃-½ k) don­ker bruin­sui­ker 80-125 ml (¹⁄₃-½ k) gou­e­stroop 15 ml (1 e) ge­meng­de spe­se­rye 3-5 ml (ruim ½-1 t) elk fyn gem­mer en ka­neel 2 ml (½ t) sout 2 ei­ers 1 ei­er, ge­skei

BOLAAG

100 g pe­kan- of ok­ker­neu­te 100 ml of min­der bruin­sui­ker 3 ml (ruim ½ t) fyn ka­neel

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Spuit ’n groot los­boom-tert­pan met ’n om­trek van 30 cm.

1 Kors Plaas al die be­stand­de­le in ’n voed­sel­ver­wer­ker en ver­werk tot goed ge­meng en ’n ef­fen­se pas­ta. Druk vas op die bo­dem en teen die kan­te van die tert­pan. Ver­koel. (Moe­nie die voed­sel­ver­wer­ker-bak was nie).

2 Vulsel Kook die pa­tat saam met die melk, tee­sak­kies en sout tot net gaar. Ver­wy­der die tee­sak­kies; maak se­ker dat al die vloei­stof goed uit­ge­druk is. Laat ef­fens af­koel.

3 Plaas die pa­tat­meng­sel in die voed­sel­ver­wer­ker en ver­pulp tot ’n pu­ree. Voeg die sui­ker, stroop, ge­meng­de spe­se­rye, gem­mer, ka­neel, sout, 2 ei­ers en 1 ei­er­geel by. Voeg die ei­er­geel wat by die kors­be­stand­de­le oor­ge­bly het ook by. Ver­werk tot goed deur­ge­meng. K­lits die 1 oor­bly­wen­de ei­er­wit styf en vou by die pa­tat­meng­sel in. Skep in die voor­be­rei­de kors en bak so­wat 40 mi­nu­te tot ge­stol. Laat af­koel. 4 Bolaag Ver­hit die neu­te, bruin­sui­ker en ka­neel in ’n ka­strol tot die neu­te ef­fe ge­ka­ra­me­li­seer is. Sprin­kel oor die gaar tert.

Room­ys ge­maak van jo­gurt en room­kaas is die per­fek­te pas­maat vir hier­die tert

CAR­MEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.