Eier­vrug-en-ta­ma­tie­ge­reg

Ja­cqui Bur­ton-Pye

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

(KORT­PAD, VARS, LEK­KER, GE­SOND)

Ja­cqui se kin­ders dink al­tyd aan ta­fel na­me uit vir die kos wat sy maak – hoe vreem­der die ge­reg, hoe vreem­der moet die naam wees. Hul­le het dié groen­te­ge­reg met sy G­riek­se geur­tjie “Kie­ri­ham­ses” ge­doop om­dat hul­le re­ken dit klink so G­rieks soos die ge­reg!

GE­NOEG VIR 4 MEN­SE Be­rei­ding: 10 mi­nu­te Bak­tyd: 50 mi­nu­te

sout 1 mid­del­slag-eier­vrug, in sky­we ge­sny o­lyf­o­lie vir braai 1 rooi en 1 geel soet­ris­sie, grof ge­sny 5 ml (1 t) vars o­re­ga­no 2 knof­fel­hui­sies, ge­kap 15 ml (1 e) o­lyf­o­lie 1 blik (400 g) ge­kap­te ta­ma­ties 5 ml (1 t) sui­ker I wiel fe­ta­kaas, in stuk­kies ge­breek vars ba­si­lie­kruid vir oor­sprin­kel

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C.

1 Sprin­kel ’n bie­tjie sout oor die eier­vrug en laat rus in ’n ver­giet­tes so­dat die vog kan

My kin­ders het dié G­riek­se ge­reg Kie­ri­ham­ses ge­doop

JA­CQUI

uit­kom. Verf met ’n bie­tjie o­lyf­o­lie en braai in ’n rif­fel­pan tot dit mooi bruin stre­pe het.

2 Pak die eier­vrug en soet­ris­sie in ’n oond­vas­te bak. Sprin­kel die o­re­ga­no en knof­fel oor. Giet 15 ml (1 e) o­lyf­o­lie oor en meng goed.

3 S­prei die groen­te goed in die bak uit. Meng die ta­ma­tie en sui­ker en voeg by. Laat so­wat 3 cm aan die kan­te van die ge­reg oop so­dat die groen­te kan uit­steek. 4 Be­dek met foe­lie en bak 30 mi­nu­te. Haal uit en sprin­kel die fe­ta­kaas bo-oor. Plaas te­rug in die oond en bak nog 20 mi­nu­te of tot die fe­ta­kaas lig­bruin pun­tjies het. Sprin­kel die vars ba­si­lie­kruid oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.