Bot­ter­skor­sie-”la­sa­gne”

An­toi­net­te S­pan­gen­berg

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

(KORT­PAD, VARS, VER­NU­WEND, GE­SOND)

Ty­dens een van hul rei­se het An­toi­net­te op ’n ver­lo­re bot­ter­skor­sie of twee af­ge­kom, ’n pak­kie spek in die vries­kas ont­dek en ’n paar uie by men­se in die om­ge­wing ge­koop. Al het die ge­reg aan­vank­lik fron­se ont­lok, kon haar reis­ge­no­te nie op­hou eet nie. Se­dert­dien maak sy dit as by­ge­reg by braai­vleis en an­der e­tes.

GE­NOEG VIR 6 MEN­SE Be­rei­ding: 15 mi­nu­te Gaar­maak: 45 mi­nu­te

VULSEL

750 g bot­ter­skor­sie, in blok­kies ge­sny klont­jie bot­ter plus 10 ml (2 t) bot­ter 1 ui, ge­kap 250 g ge­snip­per­de spek­vleis 250 g sam­pi­oe­ne, ge­kerf

WIT­SOUS

60 ml (¼ k) bot­ter 125 ml (½ k) koek­meel 500 ml (2 k) melk knip­pie sout en pe­per knof­fel-en-kruie-sprin­kel­sout 50 g blou­kaas of ched­dar­kaas, ge­ras­per

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C en smeer ’n oond­vas­te bak met bot­ter of kos­sproei.

1 Vulsel Kook die bot­ter­skor­sie in sout­wa­ter tot sag. Druk fyn met ’n aar­tap­pel­druk­ker of maak fyn in ’n voed­sel­ver­wer­ker. Voeg die klont­jie bot­ter by vir smaak.

2 Ver­hit die 10 ml (2 t) bot­ter en braai die ui, spek en sam­pi­oe­ne daar­in tot bros en bruin.

3 Wit­sous Smelt die bot­ter oor ma­ti­ge hit­te, voeg die meel by en roer aan­hou­dend oor die hit­te. Giet die melk sta­dig by ter­wyl dit nog ge­roer word. Ver­laag die hit­te en laat prut tot dit ver­dik. Geur met die sout en pe­per.

4 Skep ’n laag bot­ter­skor­sie in die bak en sprin­kel die sprin­kel­sout oor, ge­volg deur ’n laag spek­meng­sel.

5 Giet die wit­sous oor en sprin­kel die kaas oor. Her­haal die lae en ein­dig met ’n laag wit­sous. Bak 45 mi­nu­te in die oond tot goud­bruin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.