Groen­bo­ne met krui­e­pes­to en o­ly­we

GROEN­BO­NE MET KRUI­E­PES­TO EN O­LY­WE

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

Huis­ge­noot se Car­men het Mu­riel se ta­ma­tie-groen­bo­ne ’n meer Me­di­ter­reen­se geur ge­gee deur ’ly­we en pesto in te roer en par­me­saan­skaaf­sels oor te sprin­kel. Die tuis­ge­maak­te pesto kan ’n week in die ys­kas goed bly.

GE­NOEG VIR 4 MEN­SE Be­rei­ding: 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 5-8 mi­nu­te

PESTO

15 g vars pie­ter­sie­lie 15 g vars ro­ket 60-80 ml (¼-¹⁄₃ k) ge­roos­ter­de son­ne

blom­sa­de 45-60 ml (3-4 e) suur­le­moen­sap 125 ml (½ k) o­lyf­o­lie

GROEN­BO­NE

o­lyf­o­lie 1 an­sjo­vis, ge­kap (op­si­o­neel) 2 uie, ge­kap 4 knof­fel­hui­sies, fyn ge­kap 1 kg vars jong groen­bo­ne, stin­gel­pun­te

af­ge­sny in­dien ver­kies pas ge­maal­de swart­pe­per paar swar­to­ly­we, ont­pit in­dien ver­kies par­me­saan­kaas­skaaf­sels vir af­ron­ding spag­het­ti, ci­a­bat­ta-brood of polenta vir voor

sit

1 Pesto Plaas al die be­stand­de­le in ’n voed­sel­ver­wer­ker en ver­werk tot grow­we­rig glad.

2 Groen­bo­ne Ver­hit ’n bie­tjie o­lyf­o­lie in ’n pan en braai die an­sjo­vis (in­dien ge­bruik), uie en knof­fel tot sag. 3 Voeg die groen­bo­ne by, geur kwis­tig met pe­per, be­dek, ver­laag die hit­te en stoom­braai tot die groen­bo­ne sag, maar nog baie bros en steeds groen is. Voeg die o­ly­we by.

4 Meng die pesto deur en skep in ’n bak. Rond af met die skaaf­sels par­me­saan­kaas.

5 Sit voor met spag­het­ti, ci­a­bat­ta-brood of polenta.

Ek het al­tyd krui­e­pes­to in die ys­kas waar­mee ek le­we en geur aan groen­te­ge­reg­te gee

CAR­MEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.