Spi­na­sie-bot­ter­skor­sie-ge­bak

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

Op aan­be­ve­ling van An­toi­net­te S­pan­gen­berg het Huis­ge­noot se Car­men haar nood-leer-bid-“la­sa­gne” ’n la­e­kool­hi­draat-kin­kel ge­gee met ’n spi­na­sie­room­kaas­bo­laag.

SPI­NA­SIE-BOT­TER­SKOR­SIE-GE­BAK

Car­men se weer­ga­we is meer bon­kig met sky­we bot­ter­skor­sie, eier­vrug en sam­pi­oe­ne saam met ’n spek­vleis-ta­ma­tie­sous wat sy met kruie geur.

GE­NOEG VIR 4-6 MEN­SE Be­rei­ding: 20 mi­nu­te Bak­tyd: 40 mi­nu­te (groen­te), 20-30 mi­nu­te (ge­reg)

VULSEL

2 bot­ter­skor­sies, ge­skil en in dik sky­we ge­sny 1-2 groot ei­er­vrug­te, in sky­we ge­sny en/of

125 g groot bruins­am­pi­oe­ne, in sky­we ge­sny sout en pe­per na smaak 3-5 tak­kies sa­lie 5-7 tak­kies tie­mie o­lyf­o­lie 1 pak (250 g) spek­vleis, ge­kap 2 blik­ke (400 g elk) ge­kap­te ta­ma­tie knip­pie pa­pri­ka 5 ml (1 t) ge­kap­te roos­ma­ryn knip­pie sui­ker (op­si­o­neel)

SPI­NA­SIE-KAASSOUS

1 pak (300 g) spi­na­sie, ge­kap, ver­hit tot ver

welk en dan fyn ge­kap 1 bak­kie (230 g) room­kaas 1 bak­kie (230 g) ge­room­de maaskaas 1 wiel fe­ta­kaas vir bo-oor sprin­kel

AF­RON­DING

50 g pam­poen­pit­te 10 ml (2 t) bruin­sui­ker knip­pie elk sout en brand­ris­sie­vlok­kies o­lyf­o­lie

Voor­ver­hit die oond tot 200 °C. 1 Vulsel Pak die bot­ter­skor­sie, eier­vrug en/ of sam­pi­oe­ne in ’n en­kel­laag op 1 of 2 bak­pla­te en geur kwis­tig met die sout en pe­per, sa­lie en tie­mie. Oond­braai so­wat 40 mi­nu­te tot gaar.

2 Ver­hit ’n bie­tjie o­lyf­o­lie in ’n pan en braai die spek­vleis tot bros. Voeg die ta­ma­tie by en laat prut tot geu­rig. Geur met die pa­pri­ka, roos­ma­ryn en sui­ker in­dien ge­bruik. 3 Pak die groen­te en ta­ma­tie-spek­vleis in lae in ’n oond­vas­te bak. 4 Kaassous Ver­laag die oond­tem­pe­ra­tuur tot 180 °C. Meng die spi­na­sie, room­kaas en ge­room­de maaskaas en skep bo-oor die groen­te­meng­sel. Sprin­kel die fe­ta­kaas oor en bak 20-30 mi­nu­te by tot bruin bo-op. 5 Af­ron­ding Plaas die pam­poen­pit­te in ’n pan. 6 Voeg die sui­ker, sout en brand­ris­sie­vlok­kies by. 7 Giet ’n bie­tjie o­lyf­o­lie oor en ver­hit tot die meng­sel ef­fens ge­ka­ra­mel­li­seer het. 8 Sprin­kel oor die la­sa­gne wan­neer dit uit die oond kom.

Ek sprin­kel pan­ge­braai­de pam­poen­pit­te oor vir ek­stra bros­heid

CAR­MEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.