Bot­ter­hoen­der

Dils­haad Has­sen

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

(KORT­PAD, LEK­KER, VER­NU­WEND, GE­SOND)

Dils­haad het haar ma se re­sep vol­gens haar eie smaak aan­ge­pas. Haar man, Moeg­sien, sê: “’n Nis­san GT-R is ge­maak om ge­ry te word en Dils­haad se bot­ter­hoen­der is ge­maak om ge­ëet te word.”

GE­NOEG VIR 4 MEN­SE Be­rei­ding: 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 15-20 mi­nu­te

60 ml (¼ k) bot­ter 10 ml (2 t) knof­fel­pas­ta of 3 vars knof­fel

hui­sies 4 hoen­der­bors­fi­let­te, in blok­kies ge­sny 15 ml (1 e) suur­le­moen­sap 100 g ta­ma­tie­pas­ta

60 ml (¼ k) kook­wa­ter 5 ml (1 t) fyn koljander 5 ml (1 t) fyn ko­myn 2 ml (½ t) fyn vinkel (ba­ris­hap) 3 ml (ruim ½ t) bor­rie 5 ml (1 t) ris­sie­poei­er 5 ml (1 t) hoen­der­spe­se­rye 250 ml (1 k) na­tuur­li­ke vol­room­jo­gurt 10 ml (2 t) a­syn 10 ml (2 t) sui­ker 250 ml (1 k) vars room 5 ml (1 t) ga­ram ma­sa­la (op­si­o­neel) groot hand vol vars kol­jan­der­bla­re

1 Smelt die bot­ter in ’n ka­strol en voeg die knof­fel by.

2 Voeg die hoen­der by en roer­braai 5 mi­nu­te. Voeg die suur­le­moen­sap by en laat 1 mi­nuut prut. Ver­wy­der die hoen­der en hou een­kant. 3 Giet die ta­ma­tie­pas­ta en wa­ter in die ka­strol en laat 3 mi­nu­te prut. 4 Voeg die koljander, ko­myn, vinkel, bor­rie, ris­sie­poei­er, hoen­der­spe­se­rye, jo­gurt, a­syn en sui­ker by. Ver­laag die hit­te en laat 5 mi­nu­te prut. 5 Voeg die room by en roer tot die meng­sel net warm is. Voeg die hoen­der weer by en laat 5 mi­nu­te prut. Ver­wy­der van die hit­te en roer die ga­ram ma­sa­la en koljander by. 6 Sit voor saam met ro­ti’s (re­sep op bl. 47) en suur­le­moen­sky­fies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.