Ro­ti’s met a­k­ni en sam­bals

RO­TI’S MET A­K­NI EN SAM­BALS

Huisgenoot Wenresepte - - IN­HOUD -

Huis­ge­noot se Car­men sê sy het waar­de­vol­le kook­wen­ke by An­ne­lien ge­kry. “Haar ro­ti-re­sep is ’n wen­ner. Vir my smaak Ma­lei­se maal­vleis­ker­rie, of­te­wel a­k­ni, saam met baie vars sam­bals ook heer­lik in die ro­ti’s.”

MA­LEI­SE MAAL­VLEIS­KER­RIE (A­K­NI)

GE­NOEG VIR 8 MEN­SE Be­rei­ding: 30 mi­nu­te (in­slui­tend sam­bals) Gaar­maak­tyd: 15-20 mi­nu­te

A­K­NI

2 uie, in rin­ge ge­sny 4 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk 15 ml (1 e) gem­mer­wor­tel, ge­ras­per 1 ka­neel­stok­kie 1 lou­rier­blaar o­lie 750 g ma­er maal­vleis 15-20 ml (3-4 t) ge­roos­ter­de ma­ti­ge

ker­rie­poei­er 5-10 ml (1-2 t) fyn ko­myn 15 ml (1 e) bor­rie 5 ml (1 t) fyn kol­jan­der 1 blik (400 g) ge­skil­de ta­ma­ties sout en swart­pe­per 500 ml (2 k) wor­tel-en-ert­jie­meng­sel groot hand vol ge­kap­te kol­jan­der

bla­re blat­jang na smaak (op­si­o­neel)

OM VOOR TE SIT

1 suur­le­moen se skil groot hand vol kol­jan­der­bla­re

1 A­k­ni Roer­braai die uie, knof­fel en gem­mer­wor­tel saam met die ka­neel­stok­kie en lou­rier­blaar in ’n bie­tjie o­lie in ’n groot swaar­boom­ka­strol tot sag. 2 Voeg die maal­vleis by en braai tot gaar. 3 Voeg die ker­rie, ko­myn, bor­rie, kol­jan­der en ta­ma­ties by, geur met die sout en pe­per en roer 1 mi­nuut. 4 Ver­laag die hit­te, be­dek en laat prut tot geu­rig en gaar. Voeg die groen­te en kol­jan­der­bla­re by. Voeg blat­jang by in­dien ver­kies. 5 Om voor te sit Ras­per die suur­le­moen­skil oor, sprin­kel die kol­jan­der­bla­re oor en sit voor met ro­ti’s (re­sep op bl. 47) en sam­bals van jou keu­se (re­sep­te on­der).

SAM­BALS

Ta­ma­tiesam­bal Sny ’n hand vol ker­sie­ta­ma­ties klei­ner op. Voeg 1 k­lein ge­kap­te rooi-ui by. Meng ’n bie­tjie bruin­a­syn, ’n strooi­sel sui­ker en 1-2 ge­kap­te groen brand­ris­sies by. Sprin­kel ’n hand vol ge­kap­te kol­jan­der­bla­re oor. Pie­sangsam­bal Sny 5 pie­sangs in sky­fies en meng 30 ml (2 e) suur­le­moen­sap en 60 ml (¼ k) ge­roos­ter­de klap­per by. Kom­kom­mersam­bal Sny ’n ¼ kom­kom­mer in k­lein blok­kies, voeg ’n hand vol ge­kap­te ment en 1 ge­kap­te rooi brand­ris­sie by en vou 125 ml (½ k) vol­room­jo­gurt daar­by in. (Maak dit net voor jy dit voor­sit, want die kom­kom­mer trek wa­ter.) Pyn­ap­pelsam­bal Sny ’n pyn­ap­pel in stuk­ke, voeg ’n hand vol ge­kap­te kol­jan­der­bla­re en 1 ge­kap­te rooi of groen brand­ris­sie by. Ap­pel-rai­ta Kap 2 Gran­ny S­mith-ap­pels op, voeg 250 ml (1 k) ge­kap­te ment­bla­re, 1 ge­kap­te knof­fel­hui­sie, ’n knip­pie ma­sa­la, 30 ml (2 e) suur­le­moen­sap en 60 ml (¼ k) na­tuur­li­ke jo­gurt by en meng.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.