Kos­fla­ters? Hier’s hulp

HOE NOU GE­MAAK?

Huisgenoot Wenresepte - - INHOUD -

AL­MAL be­gaan van tyd tot tyd ’n fla­ter in die kom­buis, Huis­ge­noot se toets­kom­buis-span ook. Dis nie no­dig om in koue sweet uit te slaan nie. Daar is in die mees­te ge­val­le ’n plan te maak . . .

DIE SOUT­POT GLIP EN DIE KOS IS TE SOUT

Op­los­sing As dit ’n bre­die is, kan jy aar­tap­pels of wor­tels by­voeg. Dit sal van die sout ab­sor­beer. Jy kan ook suur­le­moen­sap by­voeg om die sout­smaak te ba­lan­seer.

KLEURLOSE, VAAL GROEN­TE

Op­los­sing Moe­nie groen groen­te in wa­ter kook nie. Blan­sjeer dit lie­wer vin­nig in kook­wa­ter en ver­fris da­de­lik in ys­wa­ter. Meng dit dan heel laas­te by jou ge­reg in. Moe­nie die dek­sel op die pot plaas as die groen­te by­voor­beeld by ’n bre­die ge­voeg word nie. Ont­hou ook suur­heid in ’n ge­reg sal groen groen­te vaal maak.

OLIERIGE KOS

Op­los­sing Ver­hit die pan voor jy ’n bie­tjie o­lie by­voeg – so sal jy veel min­der o­lie hoef te ge­bruik.

VLEIS WAT BUI­TE BRUIN, MAAR BIN­NE NOG ROU IS

Op­los­sing Plaas die vleis ’n paar mi­nu­te in ’n baie warm oond. so­dat dit ver­der in die oond kan gaar word. Jy kan bees­fi­let so­wat 10 mi­nu­te in die oond plaas en tjops so­wat 5 mi­nu­te.

MA­YON­NAI­SE WAT SKEI

Op­los­sing Voeg 5 ml (1 t) wa­ter by en k­lits. Voeg meer by in­dien no­dig. Jy kan ook ’n ei­er­geel k­lits en dit sta­dig by die ma­yon­nai­se voeg OF ’n bie­tjie van die ge­skei­de ma­yon­nai­se saam met 15 ml (1 e) wa­ter k­lits en die res van die ge­skei­de ma­yon­nai­se sta­dig by­voeg ter­wyl ge­klits word.

PAS­TA WAT KLEEF

Op­los­sing Plaas die pas­ta in ’n ver­giet­tes, giet kook­wa­ter oor en spoel met koue wa­ter af. Ge­bruik da­de­lik.

SJO­KO­LA­DE­GA­NA­CHE WAT SKEI

Op­los­sing Giet ’n bie­tjie kook­wa­ter of warm melk by en k­lits die ganache vin­nig tot goed ge­meng.

JO­GURT WAT SKIF AS DIT VER­HIT WORD

Op­los­sing Los 5 ml (1 t) mie­lie­blom in ’n bie­tjie wa­ter op en roer by die jo­gurt in. Ver­hit tot dit ver­dik.

GROEN­TE WAT OORGAAR IS

Op­los­sing Maak lie­wer ’n pu­ree van dié groen­te, met of son­der ’n klont­jie bot­ter by. Sit dit voor saam met vleis of ’n bre­die.

KAPOKAARTAPPEL VOL KLON­TE

Op­los­sing Maak kapokaartappel seep­glad deur dit met ’n draad­klit­ser te klop.

VLEIS WAT OORGAAR IS

Op­los­sing Pluis die vleis en meng ’n lek­ker sous deur. Sit dit voor op kapokaartappel of rys, of ge­bruik dit as ’n vulsel vir toe­brood­jies, tor­til­las of piz­zas.

BOT­TER­VER­SIER­SEL WAT TE STYF IS

Op­los­sing K­lits dit al­te­saam so­wat 10 mi­nu­te – dit word don­si­ger hoe lan­ger jy k­lits. Voeg ook ’n le­pel­tjie kook­wa­ter by as dit te styf is. Dom­pel die pa­let­mes waar­mee jy die koek ver­sier in ’n bie­tjie wa­ter as jy die ver­sier­sel glad wil smeer.

SOUS VOL KLON­TE

Op­los­sing Vryf die sous deur ’n sif of pols dit in ’n voed­sel­ver­wer­ker tot glad.

’N BRE­DIE WAT AANGEBRAND HET

Op­los­sing Moe­nie roer nie. Skep die bre­die ver­sig­tig uit son­der om die boom te skraap. Skep in ’n an­der ka­strol en laat ver­der kook.

AS ROOI­VLEIS NIE HEEL­TE­MAL VARS RUIK NIE

As dit nie be­derf is nie, kan jy dit met a­syn­wa­ter af­spoel en met kom­buis­pa­pier klad.

KOEK WAT MET ’N PUNT BAK

Op­los­sing Draai die koek om – so ver­se­ker jy ’n ge­lyk op­per­vlak bo wat jy mak­li­ker kan ver­sier.

KOEK WAT IN DIE MID­DEL PLATVAL

Op­los­sing Sny die mid­del­ste deel uit en vul met ’n vulsel soos ’n room­kaas­meng­sel, of met lek­kers vir ’n heer­li­ke ver­ras­sing. Ver­sier die koek reg rond­om met ver­sier­sel.

KRUM­MELS IN DIE KOEKVERSIERSEL

Op­los­sing Plaas die koek in die vries­kas voor jy dit ver­sier – so keer jy dat van die koek­krum­mel­tjies in die ver­sier­sel be­land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.